Bride & Co

joutroue

Aftiklysie: O aarde! Het ek iets vergeet?
Jou troudag lê om die draai en skielik begin jy twyfel: het ek nie dalk iets vergeet nie? Maar wag, voor jy te gespanne raak, druk hierdie lysie uit en merk alles wat jy reeds gedoen het. Haal dan diep asem en geniet jou troudag!

Rubriek: Die liefde is 'n rooi granaat deur Christa Jonker-Jordaan
Die liefde is soos 'n rooi granaat, 'n rasende ontploffing van kleur: soet, maar gekompliseerd. In sy duisende klein selle hou hy sy opbrengs vir jou om te ontdek. Hooglied praat nie verniet van granate nie . . .

Vir ewig en altyd: kies 'n fotograaf só
Die dag wanneer jy jou troubeloftes maak is beslis 'n hoogtepunt in jou lewe – maak daarom seker jy lê elke oomblik vas deur die regte fotograaf te kies. Ons het by kenners gaan inloer om te hoor waarvoor om uit te kyk.

Mode: Gooi die witrok uit die kas
Kenners vertel wat die grille en giere vir dié jaar se bruidsmodes is.


Moets en moenies van jou bruilof
Almal trou om te hou, maar of dit nou jou tweede of tiende troue is, hier is wenke om in gedagte te hou.

Slim planne om te spaar
Dit maak nie saak wat jou begroting is nie – 'n troue byt seer aan jou beursie. Volg hierdie spaarwenke vir 'n meer bekostigbare huweliksfunksie.

Reël jou troue oor 'n afstand só
Dit is reeds 'n spanningsvolle gebeurtenis om 'n troue te beplan, maar om dit boonop oor 'n lang afstand te doen, kan heeltemal intimiderend wees. Maak dit só vir jou makliker.

Huis, paleis, pandok ... kies 'n venue
Om 'n trou-venue te kies is een van die belangrikste bruilofsbeplanningsbesluite wat die paartjie kan maak. Maak seker jy kies reg.

Klink 'n glasie op jou troue
Jy proe hier, kyk daar en voel naderhand so oorweldig deur al die keuses dat jy net wil handdoek ingooi. Maar moenie vrees nie, daar is 'n maklike manier om die keuse van wyn vir jou troue te maak.

joutroue-bylaag borge
jouwêreld se troubylaag is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die volgende instansies. Hulle staan gereed om met professionele diens jou aan jou huwelik te help beplan. Kontak hulle gerus om te verseker dat jou droomdag sprokies-mooi sal wees.

Hierdie afdeling is 'n spesiale bylaag in jouwêreld wat die hele jaar aanlyn beskikbaar is.
Adverteerders wat belangstel om 'n advertensie op die gesogte blad te plaas, kontak vir Rozanne deur 'n e-pos te stuur aan webredakteur@jouwereld.co.za
 


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend