jougeskenke

JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee!

Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners

BYKOMSTIGHEDE: Getooi in kristalle

1 gelukkige leser kan 'n pragtige juwelierstel, bestaande uit 'n handgemaakte halssnoer en armband van Swarovski-kristalle ter waarde van R800, wen. SMS die woorde JW JUWEEL, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 30 Oktober 2009.

Die Purple Chili-ontwerpersjuweelreeks word handgemaak uit Swarovski-kristalle en sluit tiaras, armbande, oorbelle, haarversierings, kristalrangskikkings en outydse bruidsjuwele in. Vir meer inligting, besoek Purple Chili Ontwerperjuwele se webwerf of kontak Ninette Kruger by 082 450 8107.

BED EN ONTBYT: Hou wittebrood by Tranquility Lodge in Natures Valley

1 Gelukkige paartjie kan 2 nagte, bed en ontbyt ingesluit, ter waarde van R4 000 in die wittebroodsuite van Tranquility Lodge in Natures Valley in die pragtige tuinroete wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW LODGE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 30 Oktober 2009. SMS'e kos R5 elk.

Mense beplan hul hele troudag rondom hul droom-venue. Sommige weet lank reeds waar hulle wil trou, terwyl ander nog wik en weeg oor 'n keuse. Die punt is, om 'n trou-venue te kies is een van die belangrikste bruilofsbeplanningsbesluite wat jy kan maak. Indien die verkeerde besluit hier geneem word, kan die hele funksie in 'n katastrofe ontaard.

Lees meer oor hoe om 'n venue vir jou troue te kies.

WYN: Wen wyn vir jou bruilof

1 Gelukkige leser kan wyn ter waarde van R1000 van Welmoed wen vir hul bruilofviering. SMS die woorde JW WYN na . . . met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 30 Oktober 2009. SMS'e kos R5 elk.

Jy proe hier, kyk daar en voel naderhand so oorweldig deur al die keuses dat jy net wil handdoek ingooi. Maar moenie vrees nie, daar is 'n maklike manier om die keuse van wyn vir jou troue te maak.

Lees meer oor hoe om wyn te kies vir jou groot dag.

LEESGENOT: In Oneer deur J.M. Coetzee

3Lesers kan elk 'n kopie van J.M. Coetzee se boek, In Oneer, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW ONEER, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 30 September 2009. SMS'e kos R3 elk.

Die Nobel-pryswenner J.M. Coetzee se bekroonde roman Disgrace (1999) is nou in Afrikaans onder die titel In Oneer beskikbaar. Die roman is deur die digter Fanie Olivier vertaal. Disgrace, wat in verskeie tale regoor die wêreld uitgegee is, het die Booker-prys in 1999 verower.

Lees meer oor die boek, In Oneer.

Kompetisiereels

· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 Oktober 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Oktober 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.

Verlede maand se wenners

Die wenners van verlede maand (Augustus 2009) se kompetisies is:
(Onthou om jou pos- sowel as jou straatadres binne 10 dae te stuur aan webmeester@jouwereld.co.za sodat ons kan reël dat jou geskenk gepos word.)

VERTONING: Oros vir die siel met Susan Coetzer

Anneke Steyn
Joanie Krause

EXPO: Kry hiér ondersteuning vir troukoors

Hou die spasie dop


CD: Mel Botes – Nice to meet you

Riekie Coetzee
Annelize Louw
Uhrsula Heyman

ROCKSHOW: Blackie Swart met My Storie (Daar’s lewe na Lulu)

France Dreyer

SEKRETARESSE-DAG: Glansontbyt by Montecasino

Liesl


CD: Afri-Frans, die CD

Yolanda Maartens
Petro Greeff
Reinette

LEESGENOT: die mooiste Sonneblomme & Daisies deur Susan Coetzer

Sarie Bodenstein
S Janse van Rensburg
Melissa Nieuwoudt
Liza Claassens
Adri Theron

CD: Leandie Lombaard

Elsa Prinsloo
Melanie Steyn
L Buys


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend