|
VERVOLGVERHAAL: Die Reis: Hoofstuk 6 – deur Christo du Plessis
Pa-Jannie wat tot nou toe stil gebly het, slaan hard met sy hand op die tafel: "A nee a kêrel! 'n Mens praat mos nie so met jou vader of met 'n vrou nie!"
James laat sak sy kop, tot die dood toe moeg.
HUMOR: Hansie en Maansie – deur Pieter Labuschagne
Die outjie kry die kêrrewên aan die gang – en hy weet hy sal hom goed moet opwen voordat hy sal kan opstyg. Die vliegtuigie is swaar gelaai en toe hy so terugkyk sien hy hoe Hansie en Maansie nog 'n proppie platdruk. Die kêrrewên gee so 'n ruk en 'n pluk en bons swaarlywig die afdraandetjie af. Die outjie beur vorentoe en lig sy agterstewe so 'n snars net om die las so effens te verlig.
KINDERVERHAAL: Renier kom tot 'n val – deur Rosa en Rozanne Myburgh
Daar is 'n groot geskarrel in die bos: Renier, die derde seun van Groot Leier Aap, het sy voorpoot gebreek.
VERTELLING: Die Stoorkamer – deur Karin Rademeyer
Hy vries. Die geluid klink soos 'n geskuifel. Hennie hou sy asem op om beter te kan hoor maar sy hart klop so hard dat dit nie werk nie. Hy is te bang om enige vinnige bewegings te maak, want hy weet dit sal sy Nemesis se teken wees om aan te val. Hennie kan die duisende oë op sy rug voel.

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|