November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4
 

Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember

 

 

 

 
 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com
 

South Africa Online

 

 


     jou

 

jou
hoofinhoud
terug na jousê
volgende artikel
vorige artikel

DEBATFORUM

Regstellende Aksie

Jacob Zuma, ANC-leier, glo nie dat die uittog van wit Suid-Afrikaners uit die land die gevolg van regstellende aksie is nie.
Dít is wat hy verlede maand tydens sy besoek aan New York aan Amerikaanse beleggers gesê het.
Hy het verder gesê dat dit wel so is dat 'n groot aantal vaardige en opgeleide Suid-Afrikaners die land verlaat en dat dit wel 'n bron van kommer is, maar dat diégene "meestal swart" is.
Sy boodskap aan die Amerikaners was dat die tyd nog nie ryp is om regstellende aksie te beëindig nie. Dit is in direkte teenstelling met wat hy vroeër die jaar tydens 'n ete-funksie aan 'n groep wit Suid-Afrikaanse sakelui gesê het.
Oor opposisiepartye is Zuma se mening dat "geen ander party 'n beleid het, of kan ontwikkel, wat suksesvol met die ANC kan meeding nie".

Wat is jou mening oor Zuma se uitlatings verlede maand in Amerika?
Stem jy saam dat dit nie regstellende aksie se skuld is dat wit Suid-Afrikaners die land verlaat nie?
Is jy 'n emigrant? Wat was jou redes?
Voel jy dat regstellende aksie steeds geregverdig is?
Het regstellende aksie jou al direk geraak?

Neem deel aan die debat en sê jou!

Ontbinding van Skerpioene

Die ANC-besluitnemers wat aan die regering voorskryf wat om te doen, het hul sin gekry: die Skerpioene is nou finaal ontbind.
Toe laat die DA-leier, Helen Zille, die bom afgaan: Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het aan haar erken dat die Skerpioene ontbind móés word om ANC-lede teen vervolging te beskerm, sê sy in haar weeklikse e-nuusbrief.

Bedrog, diefstal, korrupsie en betrokkenheid by misdadige bedrywighede soos dwelmhandel is maar net 'n paar van die sake wat tans deur die Skerpioene teen hooggeplaastes binne die ANC ondersoek word.

Zille sê die ontbinding van die Skerpioene is maar net nog 'n bewys van die ANC se veragting van die parlement, die Grondwet en die fmening van Suid-Afrikaners.

Pieter Groenewald van die VF Plus sê die wetsgehoorsame mense van Suid-Afrika is nou die verloorders en die misdadigers die wenners. Volgens hom is die sein wat die ANC uitstuur duidelik: Ons verpolitiseer die kwessie van misdaad in Suid-Afrika en ons boodskap aan misdadigers is dat ons aan hulle kant is.

Wat is jou mening oor Zille en Groenewald se uitsprake?
Was die ontbinding van die Skerpioene 'n stap in die regte rigting?
Wat, volgens jou, is die werklike rede vir die ANC se intense haat vir die Skerpioene?

Neem deel aan die debat en sê jou!

(Was jy dalk 'n lid van die Skerpioene? Vertel ons van jou ervarings. Stuur jou storie aan redaksie@jouwereld.co.za.
Ons wil dit graag hoor en met ons lesers deel.)

 

Rugby

Die Curriebeker het ‘n nuwe staanplek en die Springbokke is in Europa. Wat is jou mening oor die huidige stand van rugby in Suid-Afrika?

Stem jy saam met die Bokkeuses? Was dit nie dalk ‘n te groot waagstuk om John Smit en Ruan Pienaar buite hul posisies te laat speel nie? Brian Mujati het nie dié jaar deurgangs oortuig nie – tog is hy in die span. En Earl Rose? Is sy spel nie dalk nog te wispelturig vir ‘n nasionale span nie? Dan is daar ook Chilliboy Ralepelle – en baie mense sê hy is beslis nie een van die beste hakers tans in Suid-Afrika nie.

En so het die Curriebeker-finaal gekom en gegaan en die beker staan steeds nie op sy “regmatige plek” nie – soos daar in sommige kringe gesê word.

Blou Bul-afrigter Frans Ludeke het vir seker ‘n nuwe dimensie onder Pretorianers gebring: en dit is om nie na elke verloor-wedstyd verskonings te soek nie.

Dan is daar die een groep wat sê die Blou Bulle se agttal is opgefrommel, en die ander groep wat sê hulle het verloor, maar is nie verneder.

Hoe het jy die eindstryd beleef?

Neem deel aan die debat en sê jou!

 

BRIEWE

Het jy iets op die hart, wil jy mond uitspoel, kommentaar lewer op van die ander briewe of sommer net jou mening oor iets lug?

jouwêreld se brieweblad gee jou die geleentheid!

Doen dit so:
 

Pieter Grobler, Kanada, skryf:

Goeienaand. Alla maskas hoe lekker is dit om weekliks iets te lese te ontvang. Baie dankie.

Ek is Pieter Grobler wat vroëer daar in die ou Transvaal, wes van Pretoria en ook so 25 myl wes van
die Hartbeespoortdam aan die noord-hange v/d Magaliesberge gewoon het. Ons plaas was Buffelsfontein, en ons naaste dorpie was Mooinooi.
 
Ek is 'n afgetrede onderwyser en hoof, en het reeds in 1966 hier na Alberta, Kanada getrek. Het vroëer in Bronkhorstspruit, toe in Wartburg en Pietermaritzburg, Natal, skoolgehou. Ook in Tsumeb, Suidwes Afrika. Toe hier na Kanada, waar ek skoolgehou en verder studeer het. Het toe na altesaam 43 jaar in die onderwys, afgetree.
Ons woon nou al 35 jaar in Canmore, 'n dorpie van so 12 000 inwoners in die Rotsgebergtes wes van die Stad Calgary in die provinsie Alberta.
 
Destyds toe ek hierheen as ongetroude jong man gekom het, het ek in my woonstel soos 'n gekke met myself Afrikaans praat om tog te verseker dat ek nie my taal verloor nie. Ek het so na my kultuur verlang dat ek o.a. vir myself biltong en boerewors leer maak het. My ousus van Krugersdorp het vir my 'n Kook en Geniet gestuur en ek het geleer om karringmelkbeskuit en ander knop-in-die-keel-verlang-disse te maak. Na sowat drie jaar hier ontmoet ek 'n Vlaamse nooi aan die universiteit. Ons is na drie weke getroud, het twee kinders gehad — wat Afrikaans vlot praat.
Dis nou baie jare later en hulle het albei hul eie kinders, maar praat nog pragtig Afrikaans met my en Frans met my vrou.
 
Oor die byna 43 jaar wat ek hier woon is ek elke 3 of 4 jaar terug Republiek toe om by my ouers en susters te kuier.
Ek dink elf keer — tot albei my ouers 'huistoe' is, soos my Ma dit genoem het. Ek en Mirjam lees albei graag en sal sekerlik lekker lees aan Jouwêreld. As daar Afrikaners is wat met my wil kommunikeer (Mirjam praat Nederlands en Frans) skryf asseblief aan: pwag@shaw.ca
 

Etienne Marais (etiennemarais1990@gmail.com), skryf:

 

Beste Jou Wereld Tydskrif

My naam s Etienne Marais en ek is 18 jaar oud. Iemand het 'n ruk gelede aan TV Plus 'n brief geskryf om te se hoe gekant hy teen Harry Potter is. As 'n Christen wil ek net se dat ek saam stem met dit wat hy gese het oor hoe duidelik die Bybel se moet niks met towenaar goed te doen he nie.

Toe ek 14 jaar oud was het ek stemme gehoor wat oor en oor in my kop 'Harry moet weg' gese het. As 'n Christen wil ek graag almal wat mal is oor Harry Potter vertel dat hulle nie die selfde

stemme wat 'Harry moet weg' se wil hoor as  wat ek gehoor het nie.

E het al baie gebid vir die bekerings van almal wat met Harry Potter te doen het en e-posse gestuur om hulle van God se liefde te vertel en ek sal aanhou om vir hulle bekerings te bid.

 

Vriendelike groete
 
Zalome Arnott,Phoenix, Arizona, skryf:

Ek kry "JouWêreld" vanaf die eerste publikasie. Ek dink dit is fantasties om sulke waarde heel gratis vry en verniet te kan kry. Baie dankie vir al die goeie raad en inteligente artikels en lekker stories wat mens kan lees. Dit is nog lekkerder as julle na my adres kyk, want hier waar ek is is daar nie Afrikaans nie. Niks! Ek het toe maar met 'n Afrikaanse groep, ook op Google, begin. Dit help bietjie vir my dors en verlange na Afrikaans lees en praat. Op die manier het ek honderde Afrikaanse vriende bygekry, onder ander baie wat in dieselfde bootjie is as ek.  
Mense hier is nie gasvry nie en maak beslis nie maklik vriende nie. Na vier jaar weet ek net wat 4 van die 5 buurhuise se mense se name is. 2 se huismense het ek ontmoet, en een, sy is 'n Duitse dame, het ek 'n paar keer by gaan kuier. Oor die algemeen is daar niks van net gou inval en dagsê en drink 'n koppie koffie nie. Ai!!!!!
Daar is net een probleempie. Al die kompetisies verwag dat mens dit of dat as antwoord moet SMS. Wat van ons mense wat nie selfone het nie. Dit is mos diskriminasie. Miskien is dit heel ongewoon as mens in hierdie moderne tyd leef sonder 'n selfoon vasgeplak aan jou oor! Kan dit maar nie 'n epos ook wees nie? Ek sou graag aan die wedstryde wil deelneem maar het 'n nie 'n selfoon nie.

jouwêreld-redaksie antwoord:
Liewe Zalome, klink of jy maar eensaam sonder Afrikaans is daar in die verte van die VSA. Jong, jy het natuurlik ‘n alternatief: kom terug Suid-Afrika toe! Gelukkig is jouwêreld darem nou daar om jou ergste verlange te stil!

Oor jou vraag oor die kompetisies: Die buitemaatskappy waarvan ons gebruik maak om die kompetisies te administrateer, maak slegs voorsiening vir SMS-inskrywings. Verder versend die borge van die kompetisies slegs pryse na Suid-Afrikaanse adresse. Dit beteken ongelukkig dat Afrikaanssprekendes wat in die buiteland woon, of lesers wat nie oor ‘n selfoon beskik nie, ongelukkig nie aan die kompetisies kan deelneem nie. Jammer – maar dit is ongelukkig faktore buite ons beheer!

Sophia Els, Amerika (oumapikkie@hotmail.com), skryf:

Ons is net so bly vandag.  Baie Suid Afrikaners sowel as plaaslike Amerikaaners het almal saamgestaam en gebid dat die stormin "Gulf" van Mixico tog nie geweldig sou wees nie.  Ons is baie dankbaar dat so baie mense en hul nuut herstelde wonings in Louisiana nie beskadig is nie.  Bid saam met ons vir die wat wel deurgeloop het.  Daar gaan baie skoongemaak moet word waar die bome ens omgewaai is.  Julle sien dit seker ook op TV.  Dit was nie van sulke groot belang vandag dat hulle soos gewoonlik al die programme afskakel om die storm te volg nie.
Ons is baie dankbaar daaroor, en wil net se dat weers omstandigdhede hier in Amerika absoluut van die uiterste aard is.  Dit neem my nou 'n goeie tyd van 30 jaar om dit gewoond te raak.
Dankie vir die baie oulike artikels.  Ek geniet dit terdee.  Dit is nou my tweede ontvangs hierdie week.
Groete hier van verre Michigan.  Sophia 
As julle vir my wil "mail" stuur dit asb aan oumapikkie@hotmail.com.
 

Magda Schoeman, Kanada, skryf:

Ons dis nou manlief is nou vir 18 maande in Kanada en geniet dit hier ,maar mis tog die wonderlike taal van ons,so hierdie koerant is so wonderlik,om al die nuus te lees.Ons geniet elke oomblik van dit, en slurp alles tweekeer op.
 

Alta du Plooy, Potchefstroom, skryf:

Super baie dankie vir 'n uitstekende tydskrif. Behalwe vir al die hiperinteressante leesstof, is julle werf op de web uiters aantreklik en vriendeliker as enige Goue Oond-tannie op 'n Saterdagoggend.
Geluk! Pionierswerk. Ek dink julle het 'n fantastiese job gedoen. Ek geniet dit moerse.
Ek sien uit na September. Nie net omdat dit watergeweerdag is nie.

Martha de Lange, skryf:

Iemand het julle bladsy vir my gestuur, en genade was ek nou veras.  Ek weet nie hoe lank julle al aan die gang is nie, maar wil net sê ASB moenie ophou nie.
Dit was nou vir my so heerlik om alles wat beskikbaar is deur te gaan, en het ek lekker gelees (nog nie alles nie) maar ek weet nou waar ek my vrye tyd kan deurbring….
Ek wil net vra, hou asb aan met die wonderlike werk wat julle doen en vir ons beskikbaar stel, ek het alles geniet van die resepte tot die dieet inligting, dit was baie insiggewend.
By voorbaat baie dankie.
Norlene Roux, Kanada, skryf:

Dagse uit Chetwynd B.C. Kanada,Dankie vir die oulike tydskrif.Ek geniet elke atrikel ,n goeie verskeidenheid.Voorspoed met die tydskrif.Groete,.

Judith Lindenberg, Townsville, Australië, skryf:

Mensig, Wat 'n opwinding om 'n eg Afrikaanse tydsrif op die internet te kan lees. Dit moet julle weet baie van ons bly ver weg van die bekende. Ons mis die opbouende artikels, die klets in Afrikaans en die humorsin.
Baie dankie vir 'n tydskrif wat beloof om propvol genot te wees en leersame artikels. Ek wens julle alles van die beste toe vanat Townsville in die verre Queensland, Australië.
Sonnige groete

Skryf vir ons – doen dit so:
· Briewe word nie taalversorg of gesensor nie – soos jy dit stuur, so word dit geplaas.
· Jou e-pos adres en naam, soos dit in die kopgedeelte van jou e-pos voorkom, word privaat gehou en sal nie gepubliseer, of aan enige ander party bekendgemaak word nie.
·  Slegs teks en inligting wat in die teks-gedeelte voorkom, word gepubliseer.
· Begin jou brief met jou naam / skuilnaam met ‘n aanduiding vanwaar jy is (dorp, provinsie, land, ens). As jy jou e-pos adres gepubliseer wil hê, sluit dit ook hier in.
· Skryf dan jou brief, en stuur dit aan briewe@jouwereld.co.za

   
 

 

 

 

 

 

 
 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] [ jouse ]