|
Die leë staanplek –
deur Jaco Hough-Coetzee
In die ligskadu’s van die tent sien ek
hoe die man die telefoon by haar vat en
uitstap. In die aandskemer lyk sy
sandale skielik skewer getrap as vroeër
as hy heen en weer oor die oop staanplek
stap waar sy seun se woonwa veronderstel
is om al te staan.
Konkoksies in
die sinusholtes – deur Tanya Van der
Westhuizen
In hiérdie tyd begin die jeukerige
krieweling in my neus. Dan vang die
niesbui my onverhoeds. Sommer so voor my
rekenaar by die werk. Geen tyd vir
snesies – of eerder handdoeke – gryp nie.
Skoen aan die
ander voet – deur Hennie Greeff
Jy voel hoe brand die oë van die res van
die trop agter jou in jou rug. Nog ʼn
vetgat wit vel wat voorgetrek word. 'n
Mens voel maar sleg, maar wat kan jy
doen? Jy’s ʼn vreemdeling in ʼn vreemde
land.
Moenie net daar
staan nie – deur Wilna Myburgh
Mens moet pasop dat jy nie 'n
innocent bystander van die lewe word
nie. Moenie dat die lewe jou so seer- of
moegmaak dat jy 'n outomaat word wat jou
afsluit van ander mense nie. |