My pot se deksel

joumenswees

BEMOEDIGING: Oorkom teleurstelling – deur dr. ST Potgieter
'n Realistiese uitkyk is nodig om ewewig tussen voorspoed en teenspoed te kry. Daar is soms tye wanneer jy verloor, maar teleurstelling is nie net 'n lêer in die kabinet van die lewe nie, dis die lewe self. Wees hierop voorbereid, en hanteer dit met goeie oordeel.

ONDERSTEUNING: Is jy gelukkig by die werk? – deur Helen Ueckermann
Die lewe is te kort vir 'n onbevredigende werksituasie. Om van werkgewer te verander is egter nie altyd die antwoord nie en jy mag dalk net agterkom dat jy bloot een stel probleme vir 'n ander verruil het. Voltooi dié vraelys waaraan jy jouself kan beoordeel en doen iets aan jou situasie.

SELFONTWIKKELING: 10 lesse uit die engel-wêreld
Luister na die lewensbeginsels wat die engele aan jou wil bring – en leef daarvolgens vir 'n gelukkiger jy.

GLO: In moeilike tye is geloof nodig – deur Elbie Els
Die wêreld om ons lyk soms negatief en hopeloos, maar ons dien 'n almagtige God en in Sy Woord en beloftes is krag waaraan ons moet vashou in moeilike tye. Dít is die boodskap wat konferensiegangers verlede maand tydens die Geloofskonferensie van die His People Christelike Kerk in Potchefstroom ontvang het.

OORDENKING: Op pad na Golgota – deur Louis Nel
Die wonderlike reën van God se genade het nie alleen lewe gebring vir die huilende vroue wat Jesus gevolg het nie, maar dit het ook lewe gebring vir Simon van Sirene en die misdadiger wat langs Jesus gekruisig is.

Die afdeling fokus op die fisieke- en geestesgesondheid van die mens.

Dit sluit fasette in soos medies, verhoudings, godsdiens, kinders, selfontwikkeling, sielkunde, berading, seks, die huwelik, opvoeding, fiksheid, die gesin, persoonlike groei, geesteskwale, gesondheid en algemene advies wat tot jou menswees spreek.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend