jougeskenke

JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee!

Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners

B&B: Tranquility Lodge in Natures Valley

1 gelukkige paartjie kan 2 nagte, bed en ontbyt ingesluit, ter waarde van R4 000 in die wittebroodsuite van Tranquility Lodge in Natures Valley in die pragtige tuinroete wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW LODGE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Oktober 2009.
Koste: R5.00 per SMS.

Besoek Tranquility Lodge se webwerf hier vir meer inligting oor hierdie idilliese wegbreekplek in die pragtige tuinroete.

WYN: Vir jou troudag

1 gelukkige paartjie kan wyn ter waarde van R1 000 van Welmoed vir hul bruiloffees wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW WYN, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Oktober 2009.
Koste: R5.00 per SMS.

Lees meer oor hoe om 'n venue vir jou troue te kies.

ChilliJUWELE: Handgemaakte juweliersware

1gelukkige leser kan 'n pragtige juwelierstel, bestaande uit 'n handgemaakte halssnoer en armband van Swarovski-kristalle ter waarde van R800, wen. SMS die woorde JW JUWEEL, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Oktober 2009.
Koste: R5.00 per SMS.

Die Purple Chili-ontwerpersjuweelreeks word handgemaak uit Swarovski-kristalle en sluit tiaras, armbande, oorbelle, haarversierings, kristalrangskikkings en outydse bruidsjuwele in. Vir meer inligting, besoek Purple Chili Ontwerperjuwele se webwerf of kontak Ninette Kruger by 082 450 8107.

BORDSPEL: Gesondheidspret op die speletjiebord

'n Nuwe Afrikaanse bordspel is nou in Suid-Afrika bekendgestel, en word deur kenners as 'n mini-Google oor kos en gesondheid beskryf.
Lees meer oor die Foodle bordspel.

1 gelukkige leser kan 'n Afrikaanse weergawe van die gesondheidsbordspel Foodle™, ter waarde van R349,95 wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW FOODLE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Oktober 2009.
Koste: R5.00 per SMS.

HANDWERK: Voorskoot om in fraai te braai!

Maak self 'n nuwe braaivoorskoot – die braaier sal baie trots wees op sy nuwe voorskoot en jy op jou pragtige werk!
Kry die patroon hier.

1 gelukkige leser kan ook dié pragtige tuisgemaakte braaivoorskoot wen, geborg deur Foodways (Potchefstroom). SMS die woorde JW SKOOT, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Oktober 2009. Koste: R5.00 per SMS.

CD: Die Flooze vra praat met my

As 7de Laan se Flooze het sy die land aan haar voete gehad. En toe krap sy dinge in Egoli ook om. Nou vestig sy haarself eers in 'n ander rol: dié van sangeres. Na Sorina Erasmus se debuutalbum, Engel met 'n Angel, is haar tweede album, Praat Met My, nou op die rakke. Met 'n opwindende balans tussen luisterryke ballades, sneltempo-rock, dansvloervreugdes en selfs 'n skeut humor bygeklits.
Lees die volledige artikel.

3 gelukkige lesers kan elkeen die CD van Sorina Erasmus, Praat met my wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW SORINA, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Oktober 2009. Koste: R3.00 per SMS.

CD: Steve bring nog diamante

Steve Hofmeyr is terug met 'n opwindende tweede huldeblykalbum aan Neil Diamond: Solitary Man – The Songs Of Neil Diamond. "Neil Diamond het die grootste invloed op my as 'n musikant gehad," verduidelik Steve sy besluit om weer hulde aan sy grootste musiekheld te bring.
Lees die volledige artikel.

3 gelukkige lesers kan elkeen die CD van Steve Hofmeyr, Solitary Man – The Songs Of Neil Diamond wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW STEVE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Oktober 2009. Koste: R3.00 per SMS.

STORIEKLUB: Kinderverhale op CD

Skielik kom 'n paar eekhorinkies verbygeskarrel. "Vlug, vlug, vlug vir julle lewens!" roep die voorste eekhorinkie. Hulle lyk verskrik en baie bang. "Julle moet vlug! Die Groot Gevaar . . . dis op pad!"
Lees meer ...

3 gelukkige lesers kan elk 'n kopie van Anna Emm se eerste Storieklub CD, met twee kinderverhale op, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woord JW STORIE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Oktober 2009. Koste: R3.00 per SMS.

Kompetisiereëls

· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 November 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 November 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.

Verlede maand se wenners

Die wenners van verlede maand (September 2009) se kompetisies is:
(Onthou om jou pos- sowel as jou straatadres binne 10 dae te stuur aan webmeester@jouwereld.co.za sodat ons kan reël dat jou geskenk gepos word.)

LEESGENOT: In Oneer deur J.M. Coetzee

Naomi Bruwer
Elmari Potgieter
Liesl van Straaten










  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend