|
VERVOLGVERHAAL: Die Reis (Hoofstuk 7) – deur Christo du Plessis
Renata staan by die venster wat op die stoep uitkyk. Sy hoor die mans se gesprek en 'n beklemming kom lê in haar binnekant. Miskien moet sy weer die hasepad kies. Eerder dit as wat sy te staan moet kom voor die ongenaakbaarheid van veral James. Maar waarheen? Sy weet sy sal nie vêr vorder voordat Briggs-hulle haar inhaal nie.
HUMOR: Oom Oosie se TV – deur Pieter Labuschagne
Oom Oosie trek reguit karavaan toe met die nuwe TV’tjie in die boks. Hy sukkel die hele Saterdagmiddag en gou is sy moer sommer suur. Niks werk dan nie! Hy weet van die batterykabels, van die antenna en al daardie dinge, maar hy kry niks nêrens gesien nie.
KINDERVERHAAL: Prins Dirkie en die groot gevaar – deur Anna Emm
Skielik kom 'n paar eekhorinkies verbygeskarrel. "Vlug, vlug, vlug vir julle lewens!" roep die voorste eekhorinkie. Hulle lyk verskrik en baie bang. "Julle moet vlug! Die Groot Gevaar . . . dis oppad!"
KINDERVERHAAL: Renier kom tot 'n val (Hoofstuk 2) deur Rosa en Rozanne Myburgh
Daar is 'n groot geskarrel in die bos: Renier, die derde seun van Groot Leier Aap, het sy voorpoot gebreek.

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|