Unieke resepte vir Novembermaand
Geen skottelgoed-geurige hoender-foeliegebak
Soms het 'n mens iets nodig wat nie te veel moeite is nie, en wat ook geen moeite agterlaat nie. Tog moet dit vingeraflek-lekker wees en sommer 'n yslike gesin kan voed: moenie verder soek nie!
'n Ete in die buitelug
Kul-jou-hier, kul-jou-daar en siedaar – jy eet soos 'n wafferse koning al fresco onder die somerson:
* Roomkaasrol met swart olywe, in pekanneute en grasuie; of met peppadews, in basiliekruid
* Feta- en groenuidoopsous
* Marokkaanse gebraaide hoender
* Botterskorsie- en tamatie-koeskoesslaai
* Varksosaties in joghurt-oreganum-marinade met 'n pruimsous
* Geroosterde aartappels met spek
* Slaai met gebraaide aspersies
* Raaiselroomys
Gee haar 'n roos
Voel jy soms dat jou roostuin só mooi is dat jy hom sommer kan opeet? Kry hier resepte om die rose uit jou tuin in heerlike smulgoed te omskep.
* Rooswater
* Roos-ysblokkies
* Roosstroop
* Rooswynpons
* Roostini
* Roossuiker
* 1-2-3 Soetkoekies met roossuiker
* Roos- en witsjokoladebotter
* Roos- en aarbeibotter
Die aansitplek met heerlike resepte, vars idees vir tafelversierings en nuttige kombuis- en kookwenke.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za
Vir meer inligting, kliek hier
|