jougeskenke JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee! |
||
|
Lees die kompetisiereëls MUSIEKKONSERT: Sondag, somer en Johnny Clegg Vier die somerseisoen behoorlik met die Old Mutual Summer Sunset Concert-program in die Kirstenboschtuine wat dié maand met die Suid-Afrikaanse musiekikoon Johnny Clegg afskop. Hy is bekend vir sy passievolle vermenging van Zoeloe en Engels, eg-Suid-Afrikaanse klanke en energieke vertonings. Clegg vermaak al vir meer as 30 jaar gehore oor die wêreld heen. (Lees meer oor dié musiekkonserte) 1 Gelukkige leser kan 'n dubbelkaartjie na die vertoning van Johnny Clegg by die Kirstenbosch-tuine, op 22 November 2009, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW CLEGG, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 20 November 2009. BOEKE: The Enviropaedia – David Parry-Davies
David Parry-Davies, uitgewer van die boek Enviropaedia, is oortuig dat die mens nie sal ophou om die aarde se eko-sisteem te vernietig, voordat hy nie weet wat die onderliggende oorsake van sy gedrag is nie. Eers wanneer die mens weet hoekom hy sy eie eko-sisteem vernietig, kan hy op 'n logiese manier begin om sy gedrag te verander. Eers dán sal geen mens net “groen gaan” om in die mode te wees nie, maar omdat hulle werklik die impak van hul optrede verstaan. In die boek Enviropaedia gee hy ook 'n hele aantal wenke om die omgewing te red. (Lees die volledige artikel) 3 gelukkige lesers kan elk 'n kopie van die boek, The Enviropaedia, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW GROEN, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 30 November 2009. BOEKE: My Eerste HAT – deur Schlichting, Sluyzer en Verburg
My Eerste HAT is ’n vrolike woordeboek vir Afrikaanse kinders van graad R tot graad 4 wat graag Afrikaans wil leer. Woorde wat belangrik is vir taalontwikkeling word speel-speel aangeleer deur voorlees, saamlees en later selflees. Die boek is pragtig geïllustreer en lesersvriendelik uiteengesit. Die betekenis van elke woord word deur 'n tekening en rymende versie verduidelik. Die rym moedig die kinders aan om die versies op te sê en help om die betekenis vas te lê. (Lees die volledige artikel) 5 gelukkige lesers kan elk 'n kopie van die boek, My Eerste HAT, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW MYHAT, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 30 November 2009. Kompetisiereëls
· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui. Verlede maand se wenners
Die wenners van verlede maand (Oktober 2009) se kompetisies is: | ||