You could win R1 million shopping spree by Christm

joufiksie
Jaco Hough-CoetzeeKONTEMPORÊR: 'n Reënnag by die gastehuis – deur Jaco Hough-Coetzee
Maar Oom Karel wil nie die telefoon neersit nie: daar is nog 'n ding op sy hart. Hy verduidelik aan die suster dat Tant Bets maar nog altyd las gehad het met die pyn in haar knie, en dat die klam lug van die reën die pyn juis kwaai aanjaag. Veral nou so op haar oudag.
VERVOLGVERHAAL: Die Reis (Hoofstuk 8) – deur Christo du Plessis
Briggs reageer instinktief op die beweging. Die ra-ta-ta-ta van die outomatiese geweer klink oorverdowend op. Oral waar dit die grond tref slaan stof op en klippe spat in alle rigtings. Terwyl die skote nog loop, swaai hy om in die rigting van die stoep. Renata sien dit en spring voor James in. Drie rooi kolle slaan op haar bors uit as sy voor James se voete neerval.
Elizma HarmseKINDERVERHAAL: Elizabeth vergeet al weer – deur Elizma Harmse
Dáár lê juffrou Lombard se see-boek nog steeds tussen al haar ander goed. Vir wie sal sy die boek teruggee? Nie vir haar nuwe juffrou nie. Dan weet die nuwe juffrou ook van haar vergeetagtigheid en vanjaar wil sy nie meer dinge vergeet nie.
Rosa MyburghKLEUTERVERHAAL: Renier leer 'n les – Rosa Myburgh
Versigtig klim hulle af. Toe hulle onder kom, klap almal hande. Die groot ape het die gejuig en handeklap gehoor en kom nader gestap. Renier probeer wegsluip, maar Pa-Aap het hom klaar gesien.

Die afdeling vir fiksie-skrywers in die vorm van kort-, vervolgverhale en kinderstories.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier 


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend