Hy het haar been se aanraking gevoel en
hy wou haar vashou om die seer binne
haar te verdof. Hy wou 15 jaar se
geheime liefde volkanies deur haar lyf
stuur; hy wou die siddering van haar
stuwende lyf teen hom voel – maar hy het
geweet hy mag nie.
HUMOR:
Het jou begrafnispolis fringe benefits?
– deur Elize Olivier
Terwyl ons wag op die dokumente snuffel
ek rond op AVBOB se website. Dis net
“equipment, coffins, fittings, robes,
wreaths, and tombstones”. Druk jy op 'n
knoppie, pop daar ’n bestelvormpie op
soos by ’n internetwinkel. AVBOB is nou
ook DIY – mix ’n match jou eie kis
aanmekaar.
LEWE:
Is vakansie 'n vreugde? – deur Christa
Jonker-Jordaan
Hierdie dinamiese vakansiegangers lę
geolie en vol sand langs die see en neem
'n hoop sand vanaand saam huistoe in die
gepoleerde motor. Elke dag moet hare
gewas word, want dit bly taai en vol
sand en lyk net nie goed nie! Net om na
'n week of wat huistoe te gaan en te sę:
"Wat 'n heerlike vakansie!"