Mei
2009
Jaargang 1 Uitgawe 10

 

     jougeskenke    
                                            

 

Jou spesiale hoekie waar jouwęreld elke maand spesiale geskenke weggee!

Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners

 

Teaterkaartjies: Houtkruis, Die Musical

1 Gesin kan 'n familiepakket, bestaande uit 4 kaartjies, wen om Houtkruis, Die Musical op Donderdag 14 Mei in die Staatsteater in Pretoria by te woon. Die wenner sal Woensdag, 13 Mei in kennis gestel word. Kaartjies moet direk voor die vertoning by die loket in die teater afgehaal word.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW KRUIS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 13 Mei 2009.

SMS’e kos R5.00 elk.

Die geskiedkundige verhaal handel grotendeels oor die lewe van Martin Luther wat sy 95 tesisse teen 'n kerkdeur vasgespyker het – en toe skielik ontdek het dat dit waarin jy glo, jou lewe kan kos.
Nog nooit vantevore het een besluit sulke verreikende gevolge gehad nie. Tussen gewelddadige oproerings en die koraalsang van monnike vind twee passievolle stories van verbode liefde hul pad deur verraad en vergifnis. Sodoende word gestalte gegee aan Houtkruis – die grootste musikale gebeurtenis ooit in die Afrikaanse Gospel musiek industrie.

Lees meer oor die produksie . . .





 

CD: Louis Fivaz se As die gode droom

3 lesers kan elk 'n CD van Louis Fivaz se jongste album, As die gode droom, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW LOUIS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Mei 2009.

SMS’e kos R3.00 elk.

Louis Fivaz is terug met 'n opwindende nuwe album, As die gode droom, vol oorspronklike liedjies wat roer en gesprek sal ontketen.

Hy weet dat liedjies soos Van 'n boer ontneem gesprek sal ontketen en dalk selfs teeenkanting. Hy het dit egter deurdag en ingelig aangepak en hy skroom nie om kwelkwessies te takel nie. “Ek sę in die liedjie misdaad het nie juis 'n kleur nie en honger en dors het geen verweer nie. Ons almal ly daaronder wanneer selfs net een Suid-Afrikaner vermoor word. Dié lied is werklik 'n oproep tot eendrag.”

Lees meer oor die CD . . .
 

CD: Wanda Bam se Beloofde Land

2 lesers kan elk 'n CD van Wanda Bam se jongste album, Beloofde Land, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW WANDA, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Mei 2009.

SMS’e kos R3.00 elk.

Die album Beloofde Land gee vir Suid-Afrika 'n stewige hand vol treffers. Nuwe lof-  en aanbiddingsliedere soos Neem my lewe, Net die bloed van Jesus en Ek het U nodig, laat gehore onmiddellik saamsing, terwyl Wanda se intieme verhouding met haar Bruidegom uitstaan in U in my en In U arms. In die titellied, Beloofde Land geskryf deur Willie Kampher, smag God se volk na sy beloofde land en vier dit wanneer God dit gee. Dit dra Wanda se kernboodskap oor: Dat Christus sy bruid voorberei vir 'n nuwe seisoen. Dat sy in rein aanbidding gereed moet maak.

Leer oor die CD . . .

  Giftday

     Kompetisiereëls
                                            

 

Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui,
Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwęreld aangekondig word, wat vanaf 1 Junie 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Mei 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwęreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwęreld -FaceBook groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
jouwęreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwęreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.


     jougeskenke - Aprilwenners
Die wenners van verlede maand (April 2009) se kompetisies is:
(Onthou om jou pos- sowel as jou straatadres binne 10 dae te stuur aan webmeester@jouwereld.co.za sodat ons kan reël dat jou geskenk gepos word.)
TUINMAAK: BLOMBOLLE

J Coetzee
Magriet Hefer
Freda van Vuuren
Marius Jonker
Rosie du Toit

CD: ROOTS OF YOUTH

Agniesia Koen
Tallies Sadler
Laurika Entres

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] [ jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] joutuisblad ]

 

   

Opsoek na enige
onderwerp in jouwęreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search