GOSPEL: Daar was 'n
Houtkruis
Tussen gewelddadige
oproerings en die koraalsang
van monnike vind twee
passievolle stories van
verbode liefde hul pad deur
verraad en vergifnis.
Sodoende word gestalte gegee
aan Houtkruis – die grootste
musikale gebeurtenis ooit in
die Afrikaanse Gospel musiek
industrie.
Louis Fivaz is terug met 'n
opwindende nuwe album, As
die gode droom, vol
oorspronklike liedjies wat
roer en gesprek sal uitlok.
CD: Volk smag na
beloofde land
In Wanda se nuwe CD-produksie
dra sy haar kernboodskap
oor: Dat Christus sy
bruid voorberei vir 'n
nuwe seisoen en dat sy
in rein aanbidding
gereed moet maak.
NUUT: Beeldskone strykers
'n Subtiele, dog herkenbare
Afrika-geur, dra daartoe by
dat Sterling EQ 'n unieke
musiekgroep is.
In kombinasie met hul
supermodelvoorkomste en
futuristiese elektriese
snaarinstrumente, is hulle
eenvoudig onweerstaanbaar!
GIDS:
Mei-teater
Wat, waar en wanneer: beplan
jou teaterondervinding met
ons vermaakdagboek.