jouwęreld
het ‘n oopdeur-beleid vir almal wat hul werk
as medewerkers in die tydskrif wil publiseer.
Dan doen jy dit waarvoor jy
‘n groot passie het: om in Afrikaans te kan
skryf, én om jou werk gepubliseer te sien.
Mét die gepaardgaande genoegdoening dat
ander mense regoor die węreld, wat jou
passie vir die Afrikaanse media deel, jóú
werk gaan lees en daarop kommentaar gaan
lewer.
Nog ‘n lekker gedagte is dat
jý dan ook deel van die Afrikaanse
mediageskiedenis gaan word – om vanaf die
begin deel te wees van die eerste Afrikaanse
e-tydskrif vir die gesin! Jy kry ook
internasionale blootstelling van jou
skryfwerk. Anders as die gedrukte tydskrif-media
wat net in Suid-Afrika versprei, word jouwęreld
deur Afrikaanssprekendes reg oor die węreld
gelees.
jouwęreld
is by die węreldleier op soekenjins, Google,
geregistreer. Dit beteken wanneer iemand jou
naam op dié kragtige soekenjin sou soek, hy
jou onmiddellik gaan identifiseer.
Die bydraes van medewerkers
hoef nie spesiaal en uitsluitlik net vir
jouwęreld geskryf te word nie.
Medewerkers kan werk wat hulle reeds op
ander webwerwe geplaas, of deur ander
publikasies gepubliseer is, ook by jouwęreld
indien vir publisering.
(Onthou net om die nodige
creds by jou storie aan te bring.)
Ons sien dit nie as
duplisering nie, maar eerder as “networking”
tussen ons, die Afrikaanse leser, die
medewerker en ander webwerwe en gedrukte
media – met die uitsluitlike doel dat
Afrikaanse artikels en stories van
Afrikaanse medewerkers maksimale
blootstelling op alle platforms ontvang.
Dit kan tog nie geredeneer
word dat wanneer ‘n storie in die gedrukte
media in Tydskrif A verskyn, of ‘n rubriek
wat op Webwerf B geplaas is, dat alle
Afrikaanse lesers węreldwyd dit reeds in A
of op B sou gelees het nie!
jouwęreld
bring dus groter en internasionale
blootstelling vir medewerkers se werk.
jouwęreld
sien homself nie as
“kompetisie, opposisie of vyand” van enige
ander Afrikaanse gedrukte- of elektroniese
media nie, en dié media word ook nie deur
jouwęreld as
“kompetisie, opposisie of vyand” gesien nie.
Elkeen vervul ‘n unieke rol om
inligting, kennis en vermaak aan soveel as
moontlik Afrikaanse lesers oor te dra.
Soos die geval is met die
meeste webtuistes, bied jouwęreld
ook nie betaling aan vir medewerkers wat hul
werk op dié webblad publiseer nie.
Steeds lus om as medewerker
bydraes te lewer? Lekker! Gaan loer dan na
die verskillende afdelings van die tydskrif,
en kyk waar jou bydrae kan inpas.
Stuur dan ‘n e-pos aan
redaksie@jouwereld.co.za, waarna jy die
dokument “Riglyne vir artikels en stories”
sal ontvang wat vir jou meer inligting sal
bied.