jougeskenke JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee! |
||
|
Lees die kompetisiereëls EKSKLUSIEF: Die regte Wiid staan opIs sy 'n hoogheilige slaaf of goedkoop vrou op die kar se bonnet? Gretha Wiid moes al van die ergste moontlike kritiek verduur – maar nóú antwoord sy haar felste kritici openlik en direk. Lees die volledige artikel. 5 gelukkige lesers kan elk 'n Gretha Wiid-geskenkpak ter waarde van R400 wen. Dit bestaan uit die DVD's Adam se hart en Eva se lyf, sowel as 'n dubbel-CD oor emosionele behoeftes in die huwelik. SMS die woorde JW WIID, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010. SMS’e kos R5.00 elk. UITSTAPPIE: 'n Aand uit saam met klassieke en moderne spokeDie Pretoria Spookbus is 'n teater-op-wiele produksie met 'n unieke kinkel in die kabel: gehoorlede kry op 'n interessante wyse, gemeng met 'n goeie skeut humor, meer inligting oor daardie vreemde verskynsels wat almal fassineer: die bo-natuurlike, die buitengewone, die vreesaanjaende. En in die proses leer hulle meer oor die geskiedenis van die ou geboue in Pretoria én van hul voormalige inwoners – waarvan sommige tot vandag toe nog daar ronddwaal! Lees die volledige artikel. 10 gelukkige lesers kan elkeen 'n dubbelkaartjie wen vir die Pretoria Spookbustoer-produksie. Dié prys kan gebruik word vir enige aand tydens die 2010-seisoen volgens die wenners se keuse, maar is onderhewig aan sitplekbeskikbaarheid vir die gekose aand. SMS die woorde JW SPOOK, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010. SMS’e kos R5.00 elk. OPVOEDING: Stop die krakeDie belangrikheid van 'n stewige grondslag vir jou kind se syfer- en leesvaardighede word dikwels onderskat – dan word die erns daarvan eers begryp wanneer die eerste krake reeds sigbaar is. Lees die volledige artikel. 10 Gelukkige lesers kan elkeen 'n Casio FX-82 ES Plus wetenskaplike sakrekenaar, wat vir skoolkinders voorgeskryf word, ter waarde van R185 wen. SMS die woorde JW CASIO, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010. SMS’e kos R5.00 elk. KUNSTENAARSPROFIEL: 'n Ou siel met 'n hart vir oumenseDie sanger en TV-aanbieder Tobi Jooste wil as die gentleman van klassieke musiek gesien word. Lees die volledige artikel. 3 lesers kan elk 'n Tobi Jooste-geskenkpak, bestaande uit sy nuutste CD Amore en 'n eksemplaar van sy boek InLuister wen. SMS die woorde JW TOBI, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010. SMS’e kos R5.00 elk. OORNAG: 4-Ster weelde in Rosebank Die Clico-gastehuis het in Julie 2006 sy 4-ster-deure in Rosebank oopgemaak en is 'n gunsteling vir mense wat vir besigheid sowel as plesier na Johannesburg moet reis. Die dekor is elegant met sygordyne, sagte beddens, uitlokkende sitkamerbanke en 'n romantiese vuurherd. Elke kamer het ook 'n privaat-balkon wat op die tuin en swembad uitkyk. Die gastehuis is in Rosebank, naby aan al Johannesburg se belangrike besighede en sakesentrums. Lees die volledige artikel. 1 gelukkige leser kan 'n Clico-pakket, bestaande uit aandete asook bed en ontbyt vir twee mense, ter waarde van R2 400 wen. SMS die woorde JW CLICO, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010. SMS’e kos R5.00 elk. MUSIEKTEATER: Die Ses Snare in RoodepoortDie legende van die Ses Snare leef voort! 'n Bedrywige 2010 lê vir dié groep voor met 'n hele paar landswye toere, asook konserte by verskeie teaters en feeste. En dié maand, op 17 Maart, is dit ook die eerste keer dat hulle in Roodepoort, wes van Johannesburg, sal optree. Lees die volledige artikel. 3 gelukkige lesers kan elkeen 'n dubbelkaartjie na die Ses Snare se vertoning dié maand in Roodepoort. SMS die woorde JW SNARE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 15 Maart 2010. SMS’e kos R5.00 elk. SKOONHEID: Werk velveroudering só tee 'n Oos-Kaapse boervrou se onbeplande oorslaap in Bloemfontein het 'n verrassende en verrykende nadraai vir die Suid-Afrikaanse velsorgreekse tot gevolg gehad. Want min het Reana le Roux geweet dat haar ouma se geheime gesigroomresep, wat sy vir jare self meng, kort daarna die winkelgroep Woolworths se eerste Suid-Afrikaanse gesigreeks sal word wat in hul winkels verkoop word. Dié gesogde Freroux-velsorgreeks bevat bestanddele wat die vel beskerm en versterk, veroudering teenwerk en veroorsaak dat minder plooie vorm sodat die vel jonger lyk. Lees die volledige artikel. 8 gelukkige lesers kan elkeen 'n Freroux-geskenkpak, bestaande uit 'n verskeidenheid van hul velsorgprodukte, ter waarde van R1 200 elk, wen. SMS die woorde JW FRE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010 SMS’e kos R5.00 elk. Kompetisiereëls
Verlede maand se wenners· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
| ||