Debat: Seksuele glorie op SA-TV?


Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Is dit ‘n geval van sit-dit-af, sit-dit-af;
of van pull-it-off, pull-it off?

Die land was in rep en roer – sommige met lustige afwagting, ander met walging – toe MultiChoice verlede maand aankondig hulle beplan om binnekort báie meer te wys. Soos in alles. En dit wil hulle doen deur twee nuwe TV-kanale, wat voltyds pornografiese films sal vertoon, vanaf hul DStv-platform uit te saai.
Jackie Rakitla, MultiChoice se hoofbestuurder van korporatiewe sake, verduidelik hulle is oorval met versoeke om ‘n volwasse TV-kanaal te skep.
Nee, ons soek dit nie, was egter die onmiddellike protes van die grootste gedeelte van die publiek in briewe aan die media, asook in aanlyn-meningsvormers. Intussen het ‘n groep Suid-Afrikaanse bekendes soos Mel Botes, Isak Davel, Bobby van Jaarsveld, Victor Matfield en Jakkie Louw ook hul openbare teenkanting teen só ‘n besluit gemaak.

Lees die volledige artikel.

Maar hoe voel jy hieroor?
Is die blootstelling aan pornografie skadelik vir die mens?
Of is dit slegs onskuldige volwasse vermaak?
Is jy ‘n gereelde porno-kyker,of is jy totaal daarteen gekant?
Sal jy pornografie elke aand op jou TV-skerm in jou sitkamer verwelkom?
Of voel jy só sterk daarteen, dat jy dit sal oorweeg om jou DStv-subskribsie summier te kanselleer?

Sê jou sê, en neem deel aan dié maand se debat. Die debat word op 31 Maart 2010 afgesluit.


jou dorp/stad

joukommentaar
e-pos dié artikel

jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jou
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend