Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 

   joukontrei
 

 

 

 
 

 
 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com
 

South Africa Online

 

 

 

B&B: Oornag in 'n plaasatmosfeer op Ventersdorp
Een van die vriendelikste, gasvryste en mees nostalgiese B&B's op die N14-roete word in Ventersdorp gevind: die Mosaic-gastehuis, waar die tam reisiger nie net rus vir sy liggaam gaan vind nie, maar ook vrede en rustigheid vir die siel.

Pretorianers is plesierig, dan maak hulle so
Duisende mense het verlede maand tydens 'n reuse musiekkonsert by die Voortrekkermonument saamgetrek om Pretoria se verjaarsdag te herdenk

Die lewe in 'n township: deur 'n whitey se  lens – deur Ronell Riekert
"Wait," roep sy, "it is dangerous to walk alone." 
Dis eers toe dat ek besef dat ek 'n sitting duck is met 'n R15k-Nikon oor my skouer.  Ek word met 'n gids "uitgereik", wat as Simon aan my voorgestel word.

Kersfees in Australië – deur Margaretha Lachmann
Ek ervaar ongelooflike welwillendheid en 'n gees van omgee onder die mense hier, wat natuurlik 'n hoogtepunt gedurende Kerstyd bereik. Die hartseer teensy van die Kerstyd hiér is dat die ware Kersboodskap verlore bly vir soveel mense. Die Kersverhaal word soos 'n storie vertel, met geen geestelike betekenis nie. 

Volmaanpiekniek op Paarlberg
'n Reeks volmaanpieknieks word tot en met Maart volgende jaar by die Taalmonument in die Paarl aangebied waar besoekers die volmaan van naderby kan beskou. 

Gestremdes vry op strand
Die blouvlag Grotto-strand in Hermanus spog met die eerste strandrystoel in die Kaap en omgewing.

DOEN-DINGE: Desemberdagboek
Wat, waar en wanneer: beplan jou aktiwiteite met ons dagboek

FUNKSIE: Kosmaak in Noordwes
jouwęreld
se unieke resepte word eers vooraf met 'n klein groepie gaste getoets voordat dit gepubliseer word. Kyk hoe van dié maand se resepte in Ventersdorp gemaak is. 

Lesers word genooi om hul bydraes in dié afdeling te plaas. Vertel ons wat in jou kontrei aan die gebeur is, interessante plekke waarheen jy gereis het, en unieke gebeurtenisse, funksies en byeenkomste wat in jou omgewing plaasgevind het. Vertel ons ook van uitblinkers in jou gemeenskap en skolenuus uit jou kontrei.

Stuur jou bydraes aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier.


 

 

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] [ joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]