Augustus 2008

 

 


 


"Besoek www.kinderwerf.co.za vir gratis leeskaarte, alfabetkaarte, speletjies en nog vele meer. Word ook deel van ons Loebi- leesklub en geniet stories en aktiwiteite in jou moedertaal!" 


 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com

South Africa Online




CD: Nuwe tenoorstem
op die gospelmark
    

jouvermaak

Tiro, die skaam seun van Namibië hoop dat mense God deur sy musiek sal hoor praat.

 

Kenmerkend van Tiro is sy liefde vir die Here, sy nederigheid en sy glimlag.

Sy tenoorstem is in verskeie artikels al beskryf as "a voice like velvet" en met sy ballades gee hy mense hoendervleis.

Nou is sy debuut-CD, Speak to me, wat beslis groot aanklank onder liefhebbers van die gospel en klassieke-genres sal vind, uitgereik.

Hy open sy album met 'n hoogtepunt: die klassieke gospel-liedjie Gloryland, wat deur 'n unieke verwerking van May the Words
opgevolg word. Ander tenoor-juwele op dié album is All Rise, He touched me en Fairest Lord Jesus. Sy weergawe van Koos du Plessis se Gebed staan ook uit.

Tiro is as Tirotsaone Moshosho – wat "werke van God" beteken – in 1986 in Namibië gebore.

Hy voltooi sy matriek in Otjiwarongo, waar hy 'n skoolprefek en die hoofseun van die seunskoshuis was.

Dit is dan ook in sy Graad 12-jaar dat 'n musiekonderwyseres, Evada van der Merwe, hom in die skoolkoor hoor sing en besef dat hy 'n Godgegewe-talent ontvang het. Sy stel hom voor aan een van Suid-Afrika se Drie Tenore, Chris Coetzer, wat so beďndruk was met Tiro se stem, dat hy hom uitnooi om saam met hom aan die einde van 2005 op 'n drie-weektoer Swede toe te gaan. Hier het hulle in katedrale en teaters opgetree.

Terug in Namibië het Evada haar werk bedank en Tiro Suid-Afrika toe gebring waar sy hom vir die afgelope drie jaar help om sy sangloopbaan te vestig. Tiro se eerste optrede in Suid-Afrika was as gaskunstenaar op die TV-program, Noot vir Noot. Sedertdien sing hy veral by korporatiewe funksies, asook by skole, kerke en feeste in Afrikaans, Engels, Sweeds en Italiaans.

Oor sy CD, Speak to Me, sę Tiro dat sy nederige wens is dat almal wat daarna sou luister, God deur die musiek sal hoor praat.

Speak to Me is uitgereik en word versprei deur Spirit Music. Vir meer inligting, kontak vir Janine by janinevniekerk@gmail.com
Om Tiro vir 'n optrede te bespreek, kontak vir Vicky-Anne (082 413 9283) of besoek sy webwerf by www.tiro-m.co.za

jou geskenkhoekie
Drie gelukkige lesers kan elkeen 'n kopie van Tiro se CD, Speak to Me, wen.
Al wat jy moet doen, is om die woorde JW TIRO en jou NAAM en E-POSADRES te SMS na 34780.

Die wenners sal volgende maand in jouwęreld aangekondig word.
Die beoordelaars se beslissing is finaal, en CD's kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie.
Die sluitingsdatum is 28 Augustus 2008.
SMS'e kos R2 elk.
Slegs geregistreerde lesers staan 'n kans om dié CD's te wen. Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook op die
jouwęreld FaceBook-groep as lid aangeteken het, staan 'n dubbele kans om die CD te wen.

 Druk hierdie bladsy uit
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

tuis ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] medewerkers ] joumenswees ] joupolitiek ] jouvermaak ] vertel jou vriende ] teken in ] adverteer ] e-pos die webmeester ]