|
VERTELLING: Meisieloos by Firkin – deur Jaco Hough-Coetzee
Vicky met die donker vel en vol lippe het alle ander name en gesigte uit sy waarnemingsvermoë gekeer. Selfs die musiek vanuit die reuse luidsprekers weerskante van die verhoog het sagter geword terwyl hy elke nuanse, elke giggel, van haar stem indrink. Vicky van Namibië wat nou in Pretoria werk, het dit in sy kop gerefrein.
VERTELLING: Aan die ander kant van die draad – deur Beatri Kotzé
Dis 'n moeilike ding om jou huis in die Wes-Kaap agter te laat en die donker stad aan te durf. Veral as die stad in die verre noorde van die land is en jy Blou Bulle, cowboys in BMW’s en 'n vreemde taal moet konfronteer. Kyk, geen Kapenaar wat sy Weskus-sout werd is sal hom so bespotlik maak deur twee ballonne in die vorm testes onder aan sy blou Hilux te laat hang nie.
DEERNIS: Die rise and fall van die regterknie – deur Tanya Van der Westhuizen
Hierdie is 'n lewensles vir my. Ook vir baie ander mense wat byvoorbeeld dalk al vir twintig jaar vasgevang is in die ontkenning van 'n alkoholprobleem; vir mense wat vasgevang bly in 'n skadelike huwelik. Vir almal wat die pynlike doring in die regterknie ignoreer totdat dit later jou hele bestaan verswelg.
HUMOR: Vet, nes ek is . . . – deur Christa jonker-Jordaan
Hy kyk my toe su en sê toe: ‘Oe ma d’jy 's mos vet!’ Ma toe vererg ik my hoo! Ik sê toe: Djou gat man, ik's nie vet nie, ik's net skuins geshape!"
Die afdeling vir skrywers van fiksie of ware verhale in die vorm van vertellings en rubrieke.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za
Vir meer inligting, kliek hier

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|