|
Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners
TEATER: Ons vir jou
2 Gesinne kan elkeen 'n familiepakket, bestaande uit 4 kaartjies per gesin, wen om die produksie Ons Vir Jou op Sondagmiddag, 28 Junie 2009, in die Staatsteater in Pretoria by te woon. Die wenners sal teen Donderdag, 25 Junie 2009, in kennis gestel word. Kaartjies moet direk voor die vertoning by die loket in die teater afgehaal word.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW ONS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 25 Junie 2009.
SMS’e kos R5.00 elk.
Die musiekspel Ons vir jou laat op groot skaal en 'n groot rolbesetting, met indrukwekkende musiek en dialoog, 'n groot stuk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis herleef. Nou terug in Pretoria.
Die produksie, wat geskryf is deur die dubbele Hertzogpryswenner Deon Opperman in samewerking met Sean Else en met musiek deur Johan Vorster, is vanaf 27 Junie 2009 weer in die Operahuis van die Staatsteater in Pretoria te sien. Ons Vir Jou is die eerste Boereoorlog-musiekspel in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater.
Lees meer oor die produksie . . .
SKOONHEID: Franse flair vir jou vel
1 Gelukkige leser kan 'n geskenkpak, bestaande uit verskeie produkte van die Cosmesotherapie-skoonheidsreeks, ter waarde van R2 200 wen.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW COSME, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 30 Junie 2009.
SMS’e kos R5.00 elk.
Daar is 'n nuwe reeks velprodukte op die mark wat almal aan die praat het: Filorga se nuwe reeks wat bekend staan as Cosmesotherapie.
Filorga se navorsing is gebou op die werk van die Franse estetiese dokter, dr Michel Tordjman, wat saam met 'n span spesialiste in die laat sewentigerjare die proses van velveroudering bestudeer het. Die resultate van die navorsing het gelei tot die ontwikkeling van Filorga se estetiese produkte om veroudering teen te werk.
Lees meer oor dié reeks . . .
Kompetisiereels
· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui,
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 Julie 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Julie 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld -FaceBook groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|