Sign up to TrafficSynergy.com

joufiksie

VERVOLGVERHAAL: Die Reis (Hoofstuk 3) – deur Christo Du Plessis
“Jy sal ook jaag as iemand sonder rede op jou begin skiet, my ou,” is James se reaksie. Dan, vinniger as wat die oog kan volg, kap hy die pistool uit Haelvel se hand met 'n kruis hou teen die skurk se gewrig. Terselfdertyd gee hy 'n kort stappie na links en plant 'n regter haakhou op die man se ken.

DEERNIS: Oompie Roberts en die Ek en Djy – deur Pieter Labuschagne
“Ja Ouwaas, ek is reg,” probeer Oompie Roberts. Hy kyk nog steeds na die grond. “Maar ek kon hom nie die Johnnie Walker kry nie. Toe kry ek maar hom die Ek en Djy.” Oom Servaas is vir 'n oomblik sprakeloos. “Jy’t gewat, Oompie Roberts?” wou Oom Servaas weet.

KINDERSTORIE: Ore raak weg – deur Rosa Myburgh
Skielik onthou Dewald van die opening in die heining. Dewald begin huil. "Mamma, het Ore nie dalk weggeloop nie? Of het iemand hom nie dalk gegaps nie?"

Die afdeling vir fiksie-skrywers in die vorm van kort-, vervolgverhale en kinderstories.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier 


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend