Wie is ons?

Kontak jouwêreld
Wie en wat is jouwêreld?
Inhoud van jouwêreld?
Hoe weet ek wanneer die volgende uitgawe verskyn?
Kan ek 'n medewerker word?
Hoekom 'n aanlyn-tydskrif?
Hoe plaas ek 'n advertensie vir my produk of besigheid?
Lesersgetalle en bladafdruk-statistiek


Kontak jouwêreld:

redaksie
redaksie@jouwereld.co.za
Stuur jou bydraes, artikels en stories vir moontlike publisering en vir algemene en redaksionele navrae

webredakteur
webredakteur@jouwereld.co.za

Rapporteer stukkende skakels en ander algemene uitlegfoute, doen navrae oor kompetisies en die plasing van advertensies.

subredakteur
subredakteur@jouwereld.co.za
Meld taal- en spelfoute in die tydskrif aan, en doen navraag of lewer kommentaar oor bydraes oor kosmaak, resepte, versiering en handwerk

briewe
briewe@jouwereld.co.za
Gebruik die adres om 'n brief te skryf. Lewer kommentaar oor die tydskrif en sy inhoud, spreek jou mening uit oor enigiets wat jou in die lewe of samelewing pla, lewer sosiale kommentaar oor enige onderwerp of maak sommer net kopskoon en praat jou hart uit. Of vertel sommer net wie jy is, waar in die wêreld jy bly en wat jy doen.

Posadres:
jouwêreld e-tydskrif
,
PostNet Victory Park
Suite #52,
Private Bag X12,
Cresta,
2118

Afleweringsadres:

jouwêreld e-tydskrif,
PostNet Victory Park
Suite #52,
Victory Park Shopping Center,
h/v Rustenburgweg en 2de Laan,
Victory Park,
Randburg

Faksnommer: 086 670 5914

Kontaknommer: 082 853 4918

terug na bo

Wie en wat is jouwêreld
jouwêreld is die eerste en enigste gesinstydskrif wat in Afrikaans aanlyn gepubliseer word. Die eerste uitgawe het in Augustus 2008 verskyn, met 'n nuwe uitgawe wat maandeliks op die eerste Maandag van elke maand verskyn.

Die tydskrif skep 'n platform waarop Afrikaans as lees- en spreektaal bevorder word, maar sonder om negatiewe en ondermynende kompetisie te wees teenoor ander webwerwe, tydskrifte of mediums wat ook Afrikaans bevorder, of vyandiggesind en afbrekend teenoor hulle te wees.

Artikel- en storiebydraes tot die tydskrif word deur 'n paneel van medewerkers gemaak, wat van maand tot maand verskil. Vir 'n volledige lys met name, epos-adresse en foto’s van die huidige maand se medewerkers, sien die tuisbladsy. Dit bied dus aan alle skrywers 'n internasionale platform waar hulle hul werk en bydraes kan plaas – 'n geleentheid wat hulle andersins moontlik nie sou gehad het nie.
terug na bo

Inhoud van jouwêreld
jouwêreld is 'n gesinstydskrif, en wil daarom iets vir elke lid van die gesin aanbied – pa, ma, boet en sus, en natuurlik oupa en ouma ook. Om dié doel te bereik is die tydskrif opgedeel in verskillende afdelings om vir elke behoefte voorsiening te maak, met drie tot vyf artikels per afdeling per maand. In elke maandelikse uitgawe van die tydskrif word tussen 30 en 40 nuwe artikels gepubliseer. Vorige uitgawes is steeds in die argiewe beskikbaar en is bereikbaar deur die spesifieke indeksskakel te volg.

Met die samestelling van elke maand se tydskrif word probeer om te voorsien in die unieke behoeftes van die lesers. Dié inligting word verkry deur die vraelys wat intekenare van die maandelikse nuusbrief moet voltooi, asook maandelikse statistiek van watter afdelings en watter artikels die meeste gelees word. Die redaksionele inhoud van elke uitgawe word dus so aangebied dat dit by die lesersprofiel en leestendense van die lesers sal in pas.
terug na bo

Hoe weet ek wanneer die volgende uitgawe verskyn?
'n Nuwe uitgawe van jouwêreld word maandeliks, op die eerste Maandag van elke maand, gepubliseer. Jy kan dus die Maandagoggend wanneer jy jou rekenaar aanskakel, dadelik na die tydskrif se webtuiste by www.jouwereld.co.za gaan om jou nuwe uitgawe te lees. Indien die vorige maand se uitgawe nog op jou skerm verskyn, druk jou “refresh” skakel 'n paar keer. Om dit vir jou makliker te maak om vinnig die tydskrif te bereik, voeg jouwêreld onder jou “gunstelinge” by, of maak dit jou tuisbladsy.

Om te verseker dat jy nooit 'n uitgawe sal mis nie, teken in op die nuusbrief. Dan ontvang jy elke maand, sodra die nuwe uitgawe gepubliseer is, 'n kort nuusbrief wat vinnig aflaai met die volledige inhoud van die maand se inhoud. Hierdie metode word aanbeveel. Jy kan ook op FaceBook registreer om 'n kort briefie een keer per maand te ontvang sodra die nuwe uitgawe beskikbaar is.

Vorige maande se uitgawes is steeds beskikbaar in die argiewe, waarvan jy die skakel regs op elke bladsy sal vind.
terug na bo

Kan ek 'n medewerker word?
jouwêreld het 'n oopdeur-beleid vir almal wat hul werk as medewerkers in die tydskrif wil publiseer. Dan doen jy dit waarvoor jy 'n groot passie het: om in Afrikaans te kan skryf, én om jou werk gepubliseer te sien. Mét die gepaardgaande genoegdoening dat ander mense regoor die wêreld, wat jou passie vir die Afrikaanse media deel, jóú werk gaan lees en daarop kommentaar gaan lewer. Nog 'n lekker gedagte is dat jý dan ook deel van die Afrikaanse mediageskiedenis gaan word – om vanaf die begin deel te wees van die eerste Afrikaanse e-tydskrif vir die gesin! Jy kry ook internasionale blootstelling van jou skryfwerk. Anders as die gedrukte tydskrif-media wat net in Suid-Afrika versprei, word jouwêreld deur Afrikaanssprekendes reg oor die wêreld gelees.

Almal is dus welkom om deel van die medewerkers-groep te raak en hul skryfwerk voor te lê vir moontlike plasing. Dié bydraes moet egter in pas by een van die verskillende afdelings in die tydskrif, en word ook deur 'n paneel van vier mense gekeur voordat dit vir plasing oorweeg word. Om te verseker dat die inhoud van die tydskrif aan 'n joernalistieke standaard voldoen, word alle bydraes eers deur kenners op hul gebied taalversorg en publikasiegereed gekry voordat dit gepubliseer word. Vir meer inligting, besoek die medewerkers-afdeling.
terug na bo

Hoekom 'n aanlyn-tydskrif?
Die toekoms van die media-bedryf – plaaslik en internasionaal – is besig om na die elektroniese medium oor te skuif.

Een van Amerika se grootste en oudste koerante, The Christian Science Monitor, het reeds in Oktober 2008 sy gedrukte produk gestaak om net op sy aanlyn weergawe te fokus. Dié koerant, wat sedert 1908 bestaan, was ook van die eerste Amerikaanse koerante wat artikels in 1995 op die internet gepubliseer het.

Ook in Suid-Afrika is die klem stadig maar seker besig om weg van die gedrukte media na 'n aanlyn medium te verskuif. Aan die voorpunt hiervan is sekerlik een van die grootste Suid-Afrikaanse media-huise, Media24 en die Naspersgroep, wat reeds verklaar het dat dit die rigting is waarheen hulle beweeg.

jouwêreld
is dus deel van dié internasionale tendens. Dié tydskrif is ook die eerste, en tans die enigste, Afrikaanse gesinstydskrif wat volledig aanlyn gepubliseer word. Daar bestaan tans geen ander e-gesinstydskrif in Afrikaans wat volledig – met elke maand 'n nuwe uitgawe – aanlyn gepubliseer word nie. jouwêreld vul dié leemte en voorsien so aan 'n behoefte onder Afrikaanssprekendes wêreldwyd. Deur die eerste Afrikaanse aanlyn-tydskrif te wees, plaas dit die tydskrif aan die voorpunt van die bedryf.
terug na bo

Hoe plaas ek 'n advertensie vir my produk of besigheid?
jouwêreld maak dit maklik en bekostigbaar vir enige persoon, instansie of besigheid om hul dienste of produk te adverteer. Besoek die advertensie-afdeling vir meer inligting.
terug na bo

Lesersgetalle en bladafdruk-statistiek
jouwêreld se leserstalle toon 'n konstante maandelikse styging wat die gewildheid van die tydskrif weerspieël. 'n Opsomming van die nuutste statistiek verskyn aan die onderkant van die inhoudbladsy van elke maand se uitgawe. Adverteerders wat gedetaileerde statistieke van die afgelope ses maande se leserspatrone verlang, kan dit aanvra by redaksie@jouwereld.co.za
terug na bo