|
VERTELLING: SMS na 'n verkeerde nommer – deur Jaco Hough-Coetzee
Oom Willie staan trots soos 'n oorlogsveteraan voor sy vuur, gewapen en reg vir die aand wat voorlê. In die een hand sy kole-tang waarmee hy kort-kort die houtstompe omdraai en verskuif, en in die ander hand sy getroue Klippies met ys. En dit was ook nie lank nie, of die stories vloei uit sy mond.
HUMOR: Agent, poliesman of hotnotsgot? – deur Elize Olivier
'n Romantiese polisieagent kry in die land van 10 001 wette 'n meisie wat 'n verkeersfout maak. Handjiesvrywend soos 'n belustige hotnotsgot begin hy haar boete uit te skryf. Toe sy skryfwerk klaar was buk hy by haar kar in en kyk bo-oor haar décolleté (borste) in die twee mooiste potblou oë vas.
HUMOR: Die onderklerelaai – deur Suzanne du Plessis
Bitter min vroue is tevrede met die buuste of boude wat by geboorte uitgedeel is. Dis óf te veel hier, óf te min daar en al is die kombinasie moontlikhede legio, is dit mos nooit na jou smaak nie. Magies is te rond of boude hang – of nog erger: die borste het al met die vetrolle bevriend geraak!
VERTELLING: So mooi, dis dalk sonde! – deur Christa Jonker-Jordaan
'n Jaar of wat gelede sê ek aan 'n middeljarige familielid: "Ek sien in die koerant julle het so 'n pragtige nuwe dominee, nog boonop 'n model ook!"
"Ja," sê sy. "In die begin was dit baie swaar, ek kon nie lank preekstoel toe kyk nie. Hy is so mooi, om te kyk voel bietjie soos sonde!"
Die afdeling vir skrywers van fiksie of ware verhale in die vorm van vertellings en rubrieke.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za
Vir meer inligting, kliek hier

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|