|
Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners
LEESGENOT: Naglig deur Christa Jonker-Jordaan
Christa Jonker-Jordaan neem die leser op verskeie reise saam met Moon, 'n 42-jarige kunstenaar wat verveeld – veral met haar man – is en oud begin voel. Dan laat sy haarself verlei deur 'n aantreklike – of eerder, soos die skrywer sê, 'n mooi man – tot 'n passievolle verhouding.
Daniel is 'n jong kunstenaar wat saam met haar in hartstog en die verterende vuur van die liefde glo.
"Hierdie verbode vrug is nie net suikersoet nie, dit is eksoties en ongeëwenaarde plesier," sê sy.
3 lesers kan elk 'n kopie van Christa Jonker-Jordaan se jongste roman, Naglig, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW NAGLIG, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Julie 2009.
SMS'e kos R3.00 elk.
Lees meer oor die roman . . .
KABARET: Daai ene met die vlerke deur Willie Strauss
Ná die landwye wegholsukses van Die duiwel dra crocs – wat onder meer aangewys is as een van die gewildste produksies van KKNK 2008 – is die akteur en kabaretsanger Willie Strauss terug met 'n nuwe solostuk. Daai ene met die vlerke is die storie van die engele en die mense wat met hulle in kontak kom.
In dié kabaret word die fyn en astrante feite, die humor en energie van hierdie wonderwesens gevier.
Daai ene met die vlerke is magies en vermaaklik – warm, aards en propvol humor, patos en hoop.
2 Gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie na die vertoning van Willie Strauss se Daai ene met die vlerke, in Pretoria wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW VLERKE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 22 Julie 2009.
SMS'e kos R3.00 elk.
Lees meer oor dié produksie . . .
KINDERTEATER: Hou jou kinders uit die kwaad
Wanneer die Jakarandastad die knyp in die lug voel en die kinders Ouma se sop soek, weet almal dis tyd vir die Kinderteater-bonanza by die Pierneefteater in Pretoria – net die regte ding om die kinders van verveeldheid en kattekwaad dié wintervakansie te red.
2 Gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie na Antoinette Snyman se marionette op Vrydag 17 Julie om 10:00 wen. SMS die woorde JW POP, jou naam en e-posadres na 35570 voor Woensdag 15 Julie 2009.
2 Gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie na Kulkuns met Phil Pretorius op Saterdag 18 Julie om 10:00 wen. SMS die woorde JW KUL, jou naam en e-posadres na 35570 voor Donderdag 16 Julie 2009.
SMS'e kos R3.00 elk.
Lees meer oor dié produksies . . .
Kompetisiereels
· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 Augustus 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Augustus 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken dat jy dit gaan verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|