joufiksie

VERVOLGVERHAAL: Die Reis (Hoofstuk 4) – deur Christo Du Plessis
"Ek het my ma gaan help om die kinders te bad. Daar was 'n band om twee van die dogtertjies se lywe vasgemaak. Aan elke band was daar 'n sakkie met ongeslypte diamante in. Ons het dadelik opgepak en was oppad na die naaste polisiekantoor toe die boewe agterkom die kinders is weg. Op die een of ander manier het hulle ons opgespoor. My pa het vir my die diamante gegee en my in die teenoorgestelde rigting gestuur om dit te gaan inhandig."

HUMOR: Jonnie en die varkie – deur Pieter Labuschagne
Mevrou Gjie-Em lui die klokkie vir die hoofgereg en sy maak dit duidelik vir die gaste dat die hoogtepunt van die aand nou sy opwagting gaan maak. Almal staar na die deur waar hierdie fantastiese vark dan nou sy opwagting gaan maak. En die deur beur oop . . .

KINDERVERHAAL: Die speelgoedles – deur Rosa Myburgh
Dirkie is hartseer omdat hy nie al die speelgoed het wat sy hart begeer nie, maar deur die dag leer hy 'n baie belangrike les.

Die afdeling vir fiksie-skrywers in die vorm van kort-, vervolgverhale en kinderstories.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier 


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend