WIE IS ONS? | GRATIS NUUSBRIEF | MEDEWERKERS | ADVERTEER

Julie 2010
jou gesinstydskrif – maandeliks, gratis en wêreldwyd

Jaargang 2 Uitgawe 12


jougeskenke
JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee!

Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners

Wen in Julie 2010

Wen een van die volgende CD-albums:
Radio Kalahari Orkes – Heuningland Radio Kalahari Orkes – Heuningland
Die gewilde alternatiewe boeremusiekmakers se vierde album is nou uit. In hierdie nuutste CD kry die luisteraar 'n mengelmoes van musikale style en 'n hele klompie uitsonderlike gaskunstenaars, onder andere Valiant Swart, Chris Chameleon, Jack Parow, Frank Opperman en Manie Bodenstein.
Lees die volledige artikel.

2 Gelukkige lesers kan Radio Kalahari Orkes se Heuningland wen.
SMS die woorde JW RKO, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

Ontbytsake & vriendeOntbytsake & vriende


Jan Harm Schutte, die weerman van Ontbytsake op kykNET, en Dawie Roodt, aanbieder van dié oggendprogram, het al baie daaroor gedroom om 'n CD op te neem en saam met hul gunstelingsangers te sing. Nou sing die hele groep Ontbysakers op hierdie kompilasie-CD saam met kunstenaars soos Coenie de Villiers, Klopjag, Richard van der Westhuizen, Riku Lätti, Bacchus Nel, Jan Blohm en vele meer.
Lees die volledige artikel.

5 Gelukkige lesers kan Ontbysake & vriende wen.
SMS die woorde JW VRIENDE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

Stompdraai – JouneStompdraai – Joune

Dié nuwelingband se vier lede beplan om van Stompdraai een van die grootste rockbands in die land te maak. En nou is hul eerste CD, Joune, op die rak met 'n suiwer rockklank.
Lees die volledige artikel.

3 Gelukkige lesers kan Stompdraai se CD Joune wen.
SMS die woorde JW JOUNE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

Wen een van die volgende boeke


Steeds Mathys – deur Alita Vorster
In hierdie aangrypende outobiografiese vertelling skets Mathys Roets die pad wat hy die afgelope 44 jaar geloop het – 'n pad vol opdraandes, maar geen opdraande het nog ooit vir Mathys Roets gestuit nie.
Hy deel in hierdie eerlike, oop vertelling die pyn van die beëindiging van sy huwelik, en uiteindelik die donker dag toe sy motorfiets daar in die Vrystaat van die pad af geloop het. Dae vol drogbeelde het gevolg, vasgepen op die hospitaalbed en uiteindelik die dokter se eerlike uitspraak dat hy nooit weer sou loop nie.
Lees die volledige artikel.
Lees ook die onderhoud met Mathys se ma en bestuurder: Om Mathys se ma te wees.

5 Gelukkige lesers kan Steeds Mathys deur Alita Vorster wen.
SMS die woorde JW STEEDS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

Dwars: Mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan – deur Max du Preez
Dwars is die langverwagte vertaling van Max du Preez se Pale Native: Memories of a Renegade Reporter.
Sedert dit in 2003 uitgegee is, het die politieke landskap baie verander. Hierdie vertaling bevat nuwe hoofstukke wat handel oor die Slag van Polokwane, die ondergang van Thabo Mbeki en oorname deur Jacob Zuma, die politieke landskap sedert die 2009-verkiesing, en vele meer.
Lees die volledige artikel.

1 Gelukkige leser kan Dwars: Mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan deur Max du Preez wen.
SMS die woorde JW DWARS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

Die lang generaal – deur Alan D Elsdon
Die boek vertel van ’n skrikbewind van politieke moorde wat besaai is in een man se fanatieke oorlog teen die kommunisme. Generaal Lang Hendrik van den Bergh was vir baie mense die mees gevreesde man van die ou Suid-Afrika. Hy was hoof van die Buro vir Staatsveiligheid en dis van sy bedrywighede dat Die lang generaal vertel – op ’n feitelike basis, maar met die inkleding van waarskynlike scenario’s waar feite nie bekombaar is nie.
Lees die volledige artikel.

4 Gelukkige lesers kan Die lang generaal deur Alan D Elsdon wen.
SMS die woorde JW LANG, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

Kompetisiereëls

· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 Augustus 2010 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Augustus 2010 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan webredakteur@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.

Verlede maand se wenners
CD’s: 4 Jacks and a Jill is terug met 'n bang!
Jasmyn Fourie
Karin van As
Carolien Pretorius
Madel Retief
Salomie Verwoerd
BOEKE: Leesgenot vir die boekrak
Seisoene Van Seks: Wat is Normaal? - Stories En Feite Oor Seks deur Leandie Buys
Amanda Pretorius

Pleisters vir die Siel 2 deur Riekert Botha
Hermien Hamman

Die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek
Karin Cloete
Marietjie Le Roux
Mev Theron-Butler
S Janse van Rensburg
Aaltje van Heusden
Mev Du Plessis
Esther Fourie
Karin Bain

joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke |
gratis nuusbrief | medewerkers | adverteer | wie is ons?

Kopiereg © 2008-2010