Geen vrees vir dié boere-sushi |
|
Die normale man op straat is maar skrikkerig vir sushi.
Hierdie is al die bestanddele wat jy voor die tyd moet voorberei om dié boere-genot te kan maak: Die pap word in die verhouding 1:3 gemaak. Dit is styf, maar nog maklik om te vervorm. 250 ml (1 koppie) mieliemeel Bring die water tot kookpunt in 'n groot kastrol. Roer goed met 'n draadklitser sodat jy geen klonte het nie. Laat dit dan 20 – 30 minute kook. Roer nou en dan om klontvorming verder te voorkom. Hou eenkant om af te koel. Mieliepap met mielies Verdeel die pap tussen twee bakke, en voeg 125 ml geblikte mieliepitte – nie creamed nie – by die een helfte.Meng goed deur. Jy kan meer of minder byvoeg indien jy verkies. Boerewors, biltong en droëwors Geen rou of gerookte vis nie, nee, hier is net vleis. Mens het werklik nie baie biltong en droëwors nodig nie. Tussen R10 en R20 van elk sal genoeg wees. Dis egter lekker met ekstra wat jy in bakkies op die tafel kan neersit. | |
Die gepekelde komkommer vervang die gepekelde gemmer wat mens normaalweg by sushi sal eet.150 g komkommer 60 ml asyn 60 ml suiker 2 ml koljandersaad 2 ml mosterdsaad Sny die komkommer in lang repies. Probeer jou groenteskillertjie hiervoor. Meng dan die asyn, suiker en speserye in 'n klein kastrol. Smelt die suiker en bring dit tot kookpunt. Verwyder van die hitte. | |
Ek het nog nooit voorheen eintlik chakalaka geëet, of gemaak nie. Daarom het ek 'n blikkie daarvan gaan raadpleeg om te sien wat daar in is. Die uiteinde is voorwaar lekker!½ groot ui, in skyfies gesny 15 ml sonneblomolie 1 ml peri-peri 2 ml paprika halwe klein koolkop, in dun skyfies gesny 1 wortel, grof gerasper 1 groen soetrissie, in dun repies gesny 1 blik heel of gekapte tamaties 25 ml witasyn 5 ml suiker sout en peper Braai die ui in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die peri-peri en paprika by en braai vir nog ’n minuut. Voeg dan die kool, wortel en soetrissie by en braai totdat alles begin versag. Kook vir 15 minute. | |
|
(opsioneel) As jy nog 'n sous wil bymaak, kan jy 'n eenvoudige dun witsous maak, wat jy met gerasperde Cheddarkaas en 'n teelepel Engelse of heelkorrelmosterd geur. Die sous is veral lekker saam met die biltong- en mielieballetjies. | |
| |
Noudat jy al die bestanddele gereed gekry het, kan jy begin om jou verskillende boere-sushi-ontwerpe te ontwikkel. Hier is 'n paar voorstelle, maar aangesien dit nie voorheen gedokumenteer is nie, kan jy gerus jou eie gunstelinge bedink. Soos jy jou balletjies en rolletjies maak plaas jy hulle in kleefplastiek in die yskas. Dan as alles gereed is, haal jy dit uit en pak op jou opdienborde. | |
* maki-saki-net-biltong of droëwors in pap toegedraai en in fyn biltong gerol.
Hoe om dit te maak: | |
* die nigrini-bekommer of paprolletjie met boerewors en gepekelde komkommerDie, en die volgende klompie herinner aan nigiri – die rysballetjies met seekos of vis op. Hoe om dit te maak: Sny heel eerste jou boerewors. Indien jy jou boerewors in 'n rol gaar gemaak het, werk dit die beste. Sny dan al in die rondte op die rondings skyfies boerewors af. So kry jy 'n plat onderkant, maar die bokant is effens gerond. Die oorblywende wors lyk egter effens vreemd! Jy kan dit in stukkies opsny en in 'n bakkie op die tafel sit. Sny 'n blokkie kleefplastiek. Skep 'n hoogvol lepel pap daarop. Rol die pap tussen jou hande, of maak dit toe in die plastiek en rol op 'n tafelblad. Plaas dan 'n stukkie boerewors bo-op. Jy kan nou so druk-druk die paprolletjie dieselfde lengte as die wors maak. Draai dit styf toe in die kleefplastiek en plaas in die yskas – weer tussen 15 en 30 minute. Wanneer jy dit op jou opdienborde uitgepak het, drapeer jy 'n stukkie gepekelde komkommer oor. | |
* die chaki-woosi of, papballetjies met boerewors en chakalaka
Hoe om dit te maak: | |
* die mili-bili of, 'n mielie-papballetjie met biltongHoe om dit te maak: Volg dieselfde stappe as hier bo om die papballetjie van die pap met mielies in te maak. Sit dan net 'n stukkie biltong in die middel van elke kleefplastiek-blokkie, sit die papballetjie daarop en draai toe. Wanneer dit uit die yskas kom, garneer dit met 'n druppeltjie soet mosterd. Die is heerlik saam met 'n kaas- en mosterdsous. | |
| |
Bobotie-rolletjies, oftewel, makiboti, soos dit onlangs gedoop is, is my gunsteling. Vermoedelik omdat bobotie een van my gunsteling geregte is. Maar wie sou kon dink dat jy sushi-rys en kerrievleis in 'n eieromelet kan sit, en voilà, dit smaak net soos bobotie. Dit klink dalk na vreeslike moeite vir een ou rolletjie, maar dis beslis die moeite werd om die rys hiervoor te maak. Jy kan iedergeval die rys gebruik om balletjies te maak vir saam met die boerewors, of vir die filletrolletjies as jy braaf voel. Die kerrievleis en die sushi-rys moet jy al 'n uur voordat jy die rolletjies wil maak begin. Dan het dit kans om af te koel en reg te kom. Dan wanneer jy gereed is maak jy die eieromelet. | |
|
Vir elke omelet klits jy een eier met 5 ml sonneblom- of olyfolie en 'n knippie sout. Verhit dan 'n groot non-stick-pan of 'n wok en gooi die eiermengsel daarin – draai die pan om die eier egalig te versprei. Braai totdat die omelet mooi verbruin het onder, en die eier bo net gaar is. ½ groot ui 15 ml olie 500 g maalvleis 2 ml kaneel 2 ml gemmer 2 ml masala 30 ml blatjang 30 ml tamatiesous 10 ml meel ½ koppie water 5 ml sout Kap die ui in klein blokkies – mooi fyn. Verhit die olie in 'n groot braaipan en braai dan die ui totdat dit sag en deurskynend raak. Voeg dan die maalvleis by en braai totdat dit verbruin. Skuif die maalvleis na die kante van die pan sodat daar 'n gat in die middel is. Gooi dan al die speserye daar en braai vir 'n minuut. Voeg nog olie by indien nodig. Roer om te meng. Meng die blatjang en tamatiesous met die meel en water. Roer dit by die maalvleis en laat dit tussen 5 en 10 minute kook. Die vloeistof moet wegkook, maar die maalvleis moenie droog word nie. Geur met sout en hou eenkant. Om sushi-rys te maak moet jy rys gebruik wat “sushi” op die pakkie sê, anders gaan dit nie werk nie. Dis 'n kort korrel met 'n hoë styselinhoud. Halveer die resep as jy net die bobotie-rolletjies daarmee gaan maak, vir ongeveer 6 mense. 500 ml (450 g) sushi-rys 550 ml (2 koppies en 50 ml) water 200 ml rysasyn 100 ml suiker knippie sout Begin deur die rys af te spoel: Gooi water oor die rys en skommel dit goed, gooi dit dan in 'n sif of vergiettes en hou dit onder 'n lopende kraan totdat die water wat onder uitloop heeltemal skoon is. Gooi dan die rys in 'n kastrol en voeg die water by. Bring tot kookpunt en kook vinnig vir 2 minute. | |
| |
Indien jy nog nie genoeg avontuur gesmaak het nie, kan jy die “makifili”probeer: 'n rolletjie met filet buite om en rys binne. Nes rys en vleis!Sny ongeveer 5 cm van 'n beesfilet af. As jy 'n groot een koop kan jy die res vries en later gaarmaak, mens het werklik nie veel nodig nie. Sprinkel die filet met sout en lekker baie varsgemaalde swart peper. Braai dit dan 'n vuurwarm voorverhitte pan, om die kante te verbruin en net 'n paar millimeter na binne gaar te maak. Plaas in kleefplastiek in die vrieskas vir 'n halfuur. Sny dit dan in dun stukkies – so dun as wat jy kan sonder dat dit skeur. Kry 'n stuk kleefplastiek en pak dan 'n reghoek uit die filet. Plaas nog 'n stuk kleefplastiek bo-op en druk dit dan met jou hande, of selfs met 'n vleishamer, om dit nog dunner te kry en egalig van dikte te maak. Skep op die onderste helfte, oor die lengte en effens van die onderkant af 'n lagie rys. Druk die rys stewig vas. Jy kan nou ook wortel- en/of komkommerstukkies in die lengte af pak. Rol styf op van die onderkant af en maak dit toe in die kleefplastiek. Hou dit vir minstens 'n halfuur in die yskas voordat jy dit met 'n skerp mes sny en regop laat staan. Die vleisrolletjie is heerlik in sojasous, wat 'n lekker skerp smaak gee, hoewel die chakalaka ook heerlik daarby is. * As die rooierigheid jou te veel afskrik – maak die rolletjies heeltemal klaar en braai dan in 'n pan om die kante te verbruin. Sien – 'n boer maak altyd 'n plan! | |
Indien jy voel dat jy eerder 'n kandidaat vir “regte” sushi is, gaan lees die artikel “Sushi: stap-vir-stap” in die Februarie 2009-uitgawe van jouwêreld.
| |