Is die nuwe geslag joernaliste skaam vir feite, en sukkel hulle om te onderskei tussen 'n koerant en 'n storieboek?
Blykbaar is sensasie en propaganda vir vandag se joernaliste koning – hulle laat nie toe dat iets so onbelangrik soos feite in die pad van 'n goeie storie kom nie, skryf Oom Koos in dié maand se uitgawe van jouwêreld.
Hy sê dan onder andere die volgende: “Niemand sou dit ontken dat dit 'n nuusman se jobbie is om nuus te gaan uitsnuffel nie, maar dit wil darem nou deesdae alteveel vir Oom Koos – self 'n afgetrede joernalis – begin lyk asof die nuwe geslag nuusmannetjies maar sukkel om te onderskei tussen fiksie en feite. Of om te onderskei tussen 'n koerant en 'n storieboek.”
Teen die agtergrond van Oom Koos se rubriek, wat is jou mening van die algemene gehalte van joernalistiek in Suid-Afrika, en wat is die integriteit van die plaaslike joernalis?
Is daar sekere publikasies wat meer as ander geneig is om net sensasie na te jaag, sonder dat daar met die feite omgegaan word?
Watter publikasies vertrou jy, en watter nie?
Glo jy alles wat jy in die media lees?
Watter etiese waardes sou jy graag wou hê joernaliste moet oor beskik?
Dink jy dit kan gevaarlik wees indien joernaliste artikels skryf wat duidelik nie op feite gegrond is nie, maar rassehaat kan aanwakker?
Wil jy graag sensasie-artikels oor bekendes (soos bv. die Joost- en Steve-gevalle) lees, en indien wel, hoe wil jy hê moet die publikasie die artikel aanbied?
Neem deel aan die debat en sê jou sê!
Dié debat eindig op 31 Mei 2010.