OUTsurance
jou




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Debat: Wag met seks? Of nie?

Niks onder die son is nuut nie – net so is die ou debat oor voorhuwelikse seks nou weer wawyd oop, maar dié keer met 'n effense klemverskuiwing.

7de Laan-aktise, Donnalee Roberts glo dis reg om te wag vir die huwelik, maar wat dink jy?

Aan die een kant van die draad is die groep wat sê laat waai meraai, seks is daar om onbeskaamd geniet te word en dat seremonies soos die huwelik nie 'n stokkie daarvoor mag steek nie.

Aan die ander kant is daar diegene wat voel nee, hokaai! Wag daarmee tot na jy die huweliksbevestigingregister geteken het. Hulle glo ook dat die reël van net een seksmaat tydens jou hele lewe geld.

Dit is ook die mening van die aktrise Donnalee Roberts, wat die karakter Annelie in die sepie 7de Laan vertolk. Sy het tydens 'n konferensie van die NG Kerk se Oostelike Sinode oor dié onderwerp gesê dis nie 'n bewys van manlikheid as 'n man met talle meisies seksueel verkeer nie. Sy het getuig dat sy en haar verloofde reeds twee jaar lank uitgaan, maar dat hulle uit respek vir mekaar en vir God saam besluit het om tot na hul huwelik te wag vir seks.

In die middel is die groep wat redeneer dat voorhuwelikse seks in sekere situasies geregverdig is, maar dat losbandigheid wel verkeerd is. So is die NG-kerk nou besig met ondersoeke wat die kerk se tradisionele siening – dat 'n gesaamblyery voor die huwelik jou reguit na die hel sal verdoem – effens sal versag. Die nuwe denkrigting by sommige kerkleiers is dat saambly, weens die verskil in sosiale gedragspatrone tussen vandag en 30 jaar gelede, nie sommer net veroordeel moet word nie. En dat saambly-paartjies, wat hul verhouding as 'n huwelik uitleef, gerespekteer moet word.

Maar hoe voel jy daaroor?

Hoe voel jy oor die verskillende denkrigtings?
Wat is jou eie situasie rondom jou lewenstyl, verhouding of huwelik ten opsigte van die seksuele?
Is dit God wat voorhuwelikse seks verbied, of is dit maar net die kerk of die samelewing se reëls?
Het jou eie saambly-verhouding jou latere huwelik voordelig of nadelig beïnvloed?

Sê jou sê en neem deel aan die debat.
(Dié debat sluit op Saterdag, 31 Julie 2010)

Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?