druk hierdie bladsy uit e-pos hierdie artikel

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 

   Jý kan 'n verskil maak

jourubrieke
hoofinhoud
terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel


deur
Elbie Els
 

Ons is so 30 mense in 'n kleinerige saaltjie. Almal se volle aandag is op Coen Scholtz – 'n sendeling van Operasie Mobilisasie (OM). Hy vertel die een storie na die ander oor hoe die Here voorsien, hoe Hy hulle lei en van die wonderwerke en mense wat vir Jesus aanneem as Verlosser.

 


Die laaste kos, pap en bone is omtrent op. Die naaste bank is 400 km weg en die dieselprys baie hoog. Hulle is in Zambië - besig om die Here se Woord te verkondig en hul vertroue en hoop is volkome op die Here. Die laaste paar weke was moeilik. Hulle werk hard bedags en die kos was maar aan die skraal kant. Vanaand is daar egter niks meer oor nie. Hul eie planne is op en die vriende vanaf Suid-Afrika wat sou kom kuier – en geld sou saambring – kan nie meer kom nie. 'n Pa en Ma bid tot die Here: "Here, U is ons voorsiener en God."
Vroeg die volgende oggend – omtrent so 5-uur – is daar 'n klop aan die deur. Dis 'n vriend van Zambië wat so 13 km vanaf die gesin bly. Hy sê hy kan nie slaap nie, want die Here praat al 2 weke met hom om vir hulle kos te bring. En nou staan hy voor hulle deur met 5 kg rys, vars blare uit die tuin en 'n halfliter olie – 'n groot klomp kos vir mense wat niks het nie. Later kom nog 'n vrou daar aan met 'n sak aartappels, 'n hoender en 'n pynappel. Nog iemand bring piesangs, 'n ander een 'n pampoen en nog 'n hoender. Dít sonder dat enige van hierdie mense geweet het in watter situasie die gesin hulle bevind het. Hulle prys die Here, want Hy voorsien elke keer.

Ons is so 30 mense in 'n kleinerige saaltjie. Almal se volle aandag is op Coen Scholtz – 'n sendeling van Operasie Mobilisasie (OM). Hy vertel die een storie na die ander oor hoe die Here voorsien, hoe Hy hulle lei en van die wonderwerke en mense wat vir Jesus aanneem as Verlosser. OM het ook pas 'n mediaspan begin waarvan die basis in Pretoria is – Anneretha Combrink is aan die stuur daarvan.

Terwyl ek op 'n lekker sagte stoel sit met 'n lang glas koeldrank in my hand, word ek bewus van die gemak en gerief waarmee ons lewe. My kruidenierskas is vol, die kar het petrol en ons het 'n lekker en gerieflike blyplek. Hoe langer ons na die sendeling luister, hoe meer word ek daarvan bewus dat hierdie mense al hulle gerief en gemak prysgegee het om die Here se Woord te gaan verkondig. Soms is dit bloedig warm – met geen waaiers of lugversorgers nie. Soms weet hulle nie waar môre se kos vandaan gaan kom nie. Van 'n gerieflike huis is daar nie sprake nie. Dikwels is daar gevaar en van sekerheid oor môre kan daar nie gepraat word nie. Nou hoekom dan al hierdie opofferings, wonder 'n mens. Die antwoord word vir my duidelik soos hy verder vertel: Hulle kan nie anders nie, want hulle is totaal oorgegee aan God, Hy het hulle gestuur en hulle kan nie sien dat soveel mense moet doodgaan sonder dat hulle eers van Jesus gehoor het nie. Die Scholtz-gesin kla nie – hulle ag hulleself gelukkig en bevoorreg om te doen wat hulle doen.

Ons ry later huis toe. Ek is verwonderd oor die onselfsugtigheid van hierdie mense. Ek begin wonder hoe ek kan help. Hoe kan ek 'n verskil maak? Die sendeling het genoem dat hulle gebed die heel nodigste het.  Ek besluit daar en dan om ernstig vir hulle te bid. Later begin ek uitwerk en besef dat ek deur net een uiteet 'n maand prys te gee, in 'n sendeling se lewe kan saai en op dié manier dalk help dat daar kos op 'n tafel is.
Ek sê vir die Here dankie – dankie vir al die vaardighede wat Hy my gegee het. Dankie vir al die daaglikse behoeftes waarin Hy vir ons voorsien. Daar is soveel om voor dankie te sê dat ek 'n hele ruk daarmee kan besig bly. Soms fokus ons so op wat ons nie het nie, dat ons vergeet om alles raak te sien waarvoor ons wel dankie kan sê! En soms vergeet ons dat ons so baie vir iemand anders kan beteken – net waar ons is, sonder om noodwendig geld te spandeer.
 

Vir meer inligting oor Operasie Mobilisasie, besoek www.omsa.org.za of stuur 'n e-pos aan coen.scholtz@africa.om.org

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep