April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 


  Die Tandeman

jourubrieke
hoofinhoud
terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel


deur
Tanya van der Westhuizen
 

Emil se ouma wil hom nie meer dokter toe vat nie
en persoonlik dink ek ons is ook nie meer welkom in
sekere van die stad se ongevalle-eenhede nie.

Dis maklik om elke maand 'n rubriek te skryf – dis nou te sê as jou naam Dana Snyman of David Bullard is. Vir mense soos ek is dit soos om in die winter in jou motor te klim: jy weet nooit of sy gaan vat sonder 'n stootjie nie.

So het dit gekom dat ek 'n paar dae gelede 'n paar kollegas by die ongevalle naderskraap.
"Waaroor kan ek dié maand skryf?" vra ek sommerso in die bondel.
"Maklik," sê Yolande Roslee, wat 'n maand gelede ernstig siek was met enkefalitis, "Skryf oor hoofpyn."
In die volgende paar minute voer sy minstens drie bevele uit, teken twee dokumente en bestel die middagete. O, en dan onthou sy weer van my.




 "Ek weet nie wat sit jy daar en frons nie, wat wil jy nog weet?" Dan vat sy haar linkerhand en druk hard op haar oogkas. "Sê net dit voel of jou linkeroogbal by jou regteroor uitpeul."
Hmm . . . ek dink sy moet weer die neuroloog gaan sien – miskien is daar permanente skade. Kom ons skryf dié maand eerder oor tande.

Een voordeel van 'n disfunksionele huis is dat 'n mens nooit ver hoef te kyk vir inspirasie nie. Dit is weer tyd vir die kinders om tandarts toe te gaan vir 'n jaarlikse ondersoek. Emil is nie 'n seun wat van dokters en hospitale hou nie – dit het die suster tot haar groot spyt agtergekom toe sy hom twee jaar gelede ewe vriendelik benader het om sy temperatuur te meet. Hy het die koorspen vir 'n spuitnaald aangesien en 'n groot bohaai opgesit. Gevolglik wil sy ouma hom nie meer dokter toe vat nie en persoonlik dink ek ons is ook nie meer in sekere van die stad se ongevalle-eenhede welkom nie.

Die goeie loesing het nie gewerk nie. Daar is ook net soveel verskonings wat 'n ma kan uitdink om hom nie self te vat nie – nou doen ek wat 'n goeie ma in die eerste plek moes doen: ek koop hom om.

Die wagkamer is soos wagkamers maar is. Verleidelik vriendelik, ontvanklik en heeltemal te vol ontsnaproetes. Dan loer die tandeman om die hoek.
"Julle kan maar inkom," sê hy vriendelik.
Die kind wil alles weet.
"Wat is dit en wat gaan jy daarmee maak?" vra hy en die geduldige tandeman antwoord telkens.
"Jy bedoel seker Oom, ag, Dokter!" doen ek damage control.
Ek konsentreer, want as mense lepels kan buig met jou gedagtes kan jy sekerlik 'n kind in 'n hipnotiese toestand in kyk. Dit werk nie.

Uiteindelik se die tandeman: "Hmm, jy sal draadjies moet kry."
Die kind glimlag dat jy al die abbatande sien.
"Nadat hulle 'n paar tande getrek het," voeg hy dan by.
"Ferrari, helikopter . . . wat van 'n Ipod?" vra ek vergeefs.
Die kind is histeries. Sussie rol haar oë.
"Hoe gaan jy dit trek? Net nie met 'n tang nie!" sê die seun.
Hy sit stil, verlam van vrees.
Die tandarts trek sy handskoene uit, maak sy oë groot en sê: "Ek het gedink ons maak dit met 'n tou vas en trek dit uit met my 4x4.
Net voor die seun sy bewussyn verloor, lag hy breed: "Toemaar, ek maak 'n grap, ons gee jou 'n inspuitinkie en trek dit met 'n tang. Jy sal dieselfde aand al roomys kan eet."
"Sjoe, dankie tog," sê Emil, "daarvoor sien ek kans."
Dankie, dankie vir geduldige tandartse. Wonder of hy nie dalk 'n nuwe Ipod wil hê nie?

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep

s