druk hierdie bladsy uit
e-pos hierdie artikel

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 


  Bloemertjies!

jourubrieke
hoofinhoud
terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel


deur
Christa Jordaan

Wat sou ouma van die nuutste minimalisering op die onderklereterrein gesê het? Dis nou die deurtrekkertjie wat net daar is, maar ook nie veel werd is nie.


In my jong dae – en dit was in die sogenaamde hippie-era toe vrye-seks gepropageer was – was daar klere wat in geselskap nie oor gepraat is nie: dit was doodeenvoudig té intiem om in 'n ordentlike geselskap te noem! Anders as nou. Vandag is niks meer heilig nie, nie eers jou onderklere nie! Interessante onderklere-insidente sorg egter nog altyd vir pret.

My oom Jollie – wat student was in die vyftigerjare – en 'n paar medestudente het eenmaal agter 'n jong dame uit die bus geklim. Dit was in die jare vyftig toe die rompies wyd en met suiker gestyf was. Met die uitklim-slag het haar onderkleertjie oor haar mooi bene, onder die wye romp uit tot op haar voete geval. Sy het vinnig reageer, een klein skopbeweging gemaak en uit dié ongewenste kledingstuk geklim en die pad gevat. Studente laat jou egter nie so maklik daarvan afkom nie en daar is glo met ywer agter haar aangeloop en geskree: "Miss, miss you lost something!"
Met 'n verbete trek om haar mond en rooi gesig het sy 'n dowe oor gegooi en net so vinnig as moontlik probeer wegkom, al moes dit broekieloos wees!

'n Ander insident gebeur tydens 'n studentekamp. 'n Groep studente het 'n meisie se rooi polka dot-bikinibroekie aan die vlagpaal gehang en gesê dit is die amptelike vlag tot dit deur die eienaar afgehaal word. Niemand het eienaarskap erken nie en hulle is daar weg terwyl die kamp steeds onder die polka dot-vaandel voortbestaan het. Dit was egter in 1973! Vandag sal dit dalk 'n heel ander storie wees. Die juffroutjie sal haarself waarskynlik ewe kordaat die stukkie klere gaan toeëien het.

Desember 1981 hou ons en familie saam vakansie in 'n hotel in die Strand – 'n dorp wat bekend is vir sy winde. My onderklere, wat ek elke aand sorgvuldig uitwas, hang ek toe oor 'n droograkkie langs die venster. Groot was my ontsteltenis toe 'n skielike rukwind my intiemste besitting by die venster uitwaai.
"Nee," weier ek beslis, "ek gaan dit sekerlik nie haal nie!"
Tot eie nadeel het die storie gou versprei. My skoonsus se pa het gereeld vertel hoe hy sy soektog na verlore goedere onverpoosd voortsit. "Have you seen Misses C's Pantie?" sou hy dan konsuis daar onder op straat rondgevra het. Ek was nie beïndruk nie!

My ouma het almal wat wou hoor of nie wou hoor nie. gewaarsku teen dun nylon onderklere.
"Dit is sleg vir 'n vrou. Julle moet behoorlike goed met 'n beentjie dra. Ek dra my hele lewe bloemertjies en het nog nooit enige vroulike kwaal gehad nie!" het sy gepreek.
Sy was in haar hele 91-jarige lewe nooit in 'n hospitaal nie, so dalk was die aanname waar, maar bloemertjies?

Wat sou ouma van die nuutste minimalisering op die onderklereterrein gesê het? Dis nou die deurtrekkertjie wat net daar is, maar ook nie veel werd is nie. Dit word gedra sodat geen lyn wys dat daar iets onder die langbroek aangetrek is nie. Maar hoe verduidelik ons dan die deel wat by amper almal bó die langbroek uitsteek? Of dalk is dit die groter idee van dinge? Hoe dit ook al is, met die koms van die nuwe weergawe van 'n ou kledingstuk, het my ou bediende haar kop net in ongeloof geskud, met haar tong geklik en eiewys opgemerk: "Dit is nou vir jou 'n ongemaklike bloemer!"
 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep