April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 

  God stem ANC

joupolitiek
hoofinhoud
terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel



"Die ANC se aansprake op heiligheid
en Zuma se status as begunstigde pastoor,
maak skynbaar deel van 'n verkiesingstrategie uit."

Jacob Zuma, ANC-leier en aangewese president van die land, se mantelswaaiery en die insleep van God by die politiek, en spesifiek sy stelling dat God die ANC ondersteun, het die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) erg ontstel.

"Politiekery hoort nie in die kerk nie," sê ds. Theunis Botha, ondervoorsitter van die CDA se leierskapsforum en hoof van die godsdienslessenaar van die CDA, na aanleiding van Zuma se toespraak verlede maand tydens 'n erediens in die Rhema-kerk in Randburg.

"Dit sou 'n onhoudbare situasie skep as alle politieke partye op 'n soortgelyke geleentheid sou aandring, terwyl 'n uitsondering aan Zuma eweneens nie geregverdig kan word nie. Boonop is Zuma se stelling dat die ANC 'n diep Christelike tradisie het, onvanpas, nie net omdat die ANC ook die tuiste van die SAKP is nie, maar verskeie van sy beleidsrigtings soos dié oor aborsies en dobbel nie met die Bybel versoenbaar is nie. 'n Spreekbeurt tydens 'n erediens aan 'n veelwywer wat onboetvaardig owerspel as verweer teen verkragting aanvoer, is iets wat die meeste kerkgenootskappe baie vreemd sou vind. Verder staar Zuma ook die talle aanklagte van onder meer korrupsie en bedrog in die sig. Ons herhaal ons standpunt dat die Christen God se instrument moet wees, en nie God die mense se instrument nie – en dit geld ook die politiek."

Na Zuma se Rhema-toespraak, het hy tydens 'n ander interdenominale gebedsbyeenkoms die kerkgangers gevra om te bid dat die ANC die verkiesing sal wen. Zuma het ook gesê dat God aan die ANC se kant is "en wie sal dan teen ons kan wees?".

"Dit lyk eenvoudig nie of die ANC, en spesifiek sy leier, Jacob Zuma, hom steur aan gerespekteerde kerkleiers se besware oor hoe die Evangelie nou goedkoop gemaak word nie," is Botha se ontnugterde kommentaar.
"Vir 15 jaar tydens sy bewind het die ANC uit sy pad gegaan om Suid-Afrika van sy Christelike karakter te stroop, soos om aborsies te wettig, misdadigers meer regte as die wetsgehoorsames te gee, pornografie en 'n staatslotery te wettig, terwyl die ouditeur-generaal se verslae op al drie regeringsvlakke en ander staatsinstellings 'n verhaal van wanbestuur en korrupsie vertel met weinig teenspoed vir skuldiges, en nou word hierdie aansprake gemaak."

Botha sê dat daar in Suid-Afrika reeds amper 'n miljoen wettige aborsies uitgevoer is, terwyl die lys onskuldige mense wat verkrag en vermoor is deur geweldenaars wat voortydig op borgtog, parool of amnestie op vrye voete gekom het, al hoe langer word.
"Die ANC se aansprake op heiligheid en Zuma se status as begunstigde pastoor, maak skynbaar deel van 'n verkiesingstrategie uit, en daarom sal kiesers voortdurend hiermee gebombardeer word."

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep