|
Dit sal aan u mede-Suid-Afrikaners – die mense
wat u so graag wil lei – bewys dat ware leiers
die nasionale belang belangriker as persoonlike
belang ag. Dit sal 'n duidelike en kragtige
boodskap stuur dat politieke leiers tot
verantwoording geroep moet word, dat hulle
onkreukbaar moet wees, en dat daar geen sweem
van agterdog aan hulle moet kleef nie.
Bowenal sal u ten opsigte van u onlangse
verbintenis tot die verdediging van die Grondwet
en die waardes waarop dit gebou is, die daad by
die woord voeg. Indien die Nasionale Vergadering
u tot president sou verkies sonder dat 'n
geregshof u op die aanklagte teen u vrygespreek
het, sal dit die Grondwet ernstig ondermyn. Ek
het trouens betroubaar van senior lede van die
Balie verneem dat u verkiesing in die
Konstitusionele Hof uitgedaag sou kon word. Die
rede is dat u presidensie 'n belangebotsing sal
skep tussen u grondwetlike rol as Staatshoof en
u status as 'n beskuldigde in 'n saak wat die
staat self teen u ingebring het.
U kan u land eers as President dien, en die
verpligtinge en verantwoordelikhede aanvaar wat
al ons presidente kragtens die Grondwet moet
aanvaar, as 'n geregshof u onskuldig bevind het.
Kom ek gebruik 'n sokkerveld as voorbeeld. As u
President sou word terwyl u nog steeds
Beskuldigde no. 1 is, sou u terselfdertyd Chiefs
se doelskieter (President) en Pirates se
doelwagter (beskuldigde) wees.
Die reg van 'n beskuldigde om die staat se mag
uit te daag deur homself te verdedig, kan nie
versoen word met die staatshoof se verpligting
om die land behoorlik en toerekenbaar só te
bestuur dat dit op die mense se behoeftes
reageer nie. Dit is ondraaglik dat ons staat
strafregtelik teen sy eie staatshoof moet optree
– 'n staatshoof in 'n sterk posisie om die
vervolging te befonds of nie, en om besluite
rakende die staat se houding in appčlle en
prosesse, personeel en prosedures ten opsigte
van die saak te beďnvloed. As staatshoof stel u
die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings
(NDOV) aan. Dis asof Pirates se doelwagter 'n
Pirates-speler aanwys om Chiefs se laaste skoot
in 'n strafdoel-uitspeelstryd in 'n
beker-eindstryd waar te neem.
Die NPA wil tans 18 aanklagte teen u aanhangig
maak: Indien u nie op dié aanklagte verhoor word
nie, sal daar 'n wolk van agterdog hang oor
alles wat u in die toekoms doen, en elke besluit
wat u neem.
U het moontlik reeds daarop gelet dat
onafgehandelde aantygings van onbehoorlikheid
politici in volwasse demokrasieë vroeg en soms
tydelik laat uittree. U het egter besluit om u
politieke loopbaan (en ambisie om president te
word) voort te sit, al het u nog nie in die
openbaar die ernstige en uiteenlopende bewerings
wat die aanklaers na hul mening in 'n geregshof
kan bewys, aangespreek nie.
U verhoor moet sy loop neem. Wanneer die
strafsaak uiteindelik afgehandel is, kan u die
politieke węreld weer betree, tensy enige straf
wat u moontlik opgelę word, sou meebring dat u
dit nie kan doen nie. Tot dan probeer u egter
vir albei spanne tegelyk speel. Dit is onwettig
en maak geen sin nie. 'n Stem in die parlement
ten gunste van u verkiesing as president sal aan
regsgedinge blootgestel word omdat dit weens
onbestaanbaarheid met die Grondwet ongeldig sou
wees.
Dit is ook polities en moreel onverdedigbaar om
in die huidige omstandighede met u kandidatuur
voort te gaan. Presidente moet hul werk in die
politieke węreld van persepsies doen, eweseer as
in die regswęreld van feite en reëls. U moet dus
die regte ding doen en opsy staan totdat u
onskuld in 'n geregshof bewys is.
U kan die land nie uit 'n beskuldigdebank in
Pietermaritzburg bestuur nie. In belang van die
land en die Grondwet – wat u in u eie woorde as
die opper gesag hoogag – moet u u aan die
politiek onttrek totdat die strafsaak behoorlik
afgehandel is.
Die uwe
Helen Zille
|