|
Die Strategiese Wapen Aankopepakket van die
regering gaan die belastingbetaler nou R47,525
miljard kos – ongeveer R17 miljard meer as met
die aanvang van die aankope.
In 2000 is die kabinet ingelig dat die
wapenpakket, volgens projeksies, R43 828 miljard
behoort te kos. Tot op datum is reeds R36 114
miljard op die projek gespandeer. Hierdie bedrae
is amptelik deur die minister van Verdediging op
‘n vraag van Pieter Groenewald van die
Vryheidsfront Plus, in die parlement verskaf.
“Die wapenpakket kos nou amper R5 miljard meer
as wat voorsien is. Dit opsig self is
kommerwekkend, maar meer kommerwekkend is dat
Suid-Afrika met miljarde rande se nuwe wapentuig
sit, maar nie die mannekrag-vermoë het om dit
operasioneel behoorlik aan te wend nie. Hoogs
gesofistikeerde wapentuig soos die
Gripen-vegvliegtuie is aangekoop, maar daar is
nie geld om bestaande vegvliegtuie te laat vlieg
nie en vlieëniers verlaat die lugmag. Ons het
duikbote aangekoop, maar net een is operasioneel
weens ‘n tekort aan mannekrag en
begrotingsprobleme. Hierdeur word
belastingbetalers se geld vermors”, sę mnr.
Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir
Verdediging van die Vryheidsfront Plus.
|