Augustus 2008

 

 


 


"Besoek www.kinderwerf.co.za vir gratis leeskaarte, alfabetkaarte, speletjies en nog vele meer. Word ook deel van ons Loebi- leesklub en geniet stories en aktiwiteite in jou moedertaal!" 


 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com

South Africa Online




Diskrimineer teen wit vroue, sę Manyi

joupolitiek

"Terwyl wit vroue 'n reuse bydrae tot Jimmy Manyi se eie salaris maak, huiwer hy nie om gereeld sy rassistiese agenda teen wit vroue te voer nie."

 

Die jongste uitlatings van die voorsitter van die Kommissie vir Billike Indiensneming, mnr. Jimmy Manyi, dat wit vrouens nie meer voordeel mag trek uit regstellende aksie nie, is ongevraag. Dit kom boonop as 'n vals noot in 'n week waarin Suid-Afrikaners enersyds intens bewus geraak het van die groeiende vlaag van wit armoede en andersyds van die emigrasie van professionele beroepslui.

Willie Spies, VF Plus-woordvoerder oor Arbeid, het gesę dat mens sou verwag dat mnr. Jimmy Manyi, in 'n week waarin bekend geword het dat vlakke van depressie onder Suid-Afrikaners aan die toeneem is, die emigrasiestroom na Australië en elders meer as verdubbel het en die voorkoms van wit armoede met meer as 58% die afgelope 3 jaar toegeneem het, eerder uitlatings sou maak wat Suid-Afrikaners verenig en hoop vir minderhede skep.

In teenstelling hiermee het Manyi gekies om weereens wit Suid-Afrikaners die harnas in te jaag deur te vra dat die enigste wit persone wat hoegenaamd voordeel trek uit regstellende aksie, naamlik wit vrouens, nou geherklassifiseer moet word sodat hulle ook ingesluit kan word by die groep mense waarteen die regering se regstellende beleid diskrimineer.

"Manyi se uitlatings is dus ongevraagd en onsensitief en pas nie by die amp van 'n persoon wat veronderstel is om die vaandeldraer van billikheid in die werksplek te wees nie."

Die omstrede voorsitter van die Billike Indiensnemingskommissie, Jimmy Manyi, is ook 'n direkteur en hoof van Korporatiewe Sake van die voedselreus Tiger Brands.

Willie Spies het gesę dat dit eintlik ironies is dat Tiger Brands Manyi in sy geledere duld, terwyl dié maatskappy se inkomstes swaar steun op miljoene rande se kruideniersverkope aan vroue. Dis algemeen bekend dat die oorgrote meerderheid van kruideniersware-aankope juis deur vroue gemaak word.

"Terwyl wit vroue dus 'n reuse bydrae tot Jimmy Manyi se eie salaris maak, huiwer hy nie om gereeld sy rassistiese agenda teen wit vroue te voer nie. Dit raak tyd dat Suid-Afrikaners met hulle voete stem wanneer hulle gaan inkopies doen, en wegbly van handelsname van ondernemings wat onsensitief teenoor hulle gemeenskappe staan," het Spies gesę.

Bekende handelsname in die Tiger Brands-stal is onder andere All Gold, Tastic, Koo en Albany, sę die VF Plus.
 

 

 Druk hierdie bladsy uit
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

tuis ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] medewerkers ] joumenswees ] joupolitiek ] jouvermaak ] vertel jou vriende ] teken in ] adverteer ] e-pos die webmeester ]