April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 

   Peperduur Selebi

joupolitiek
hoofinhoud
terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel



Die belastingbetaler het reeds meer
as R2 miljoen bygedra tot Jackie Selebi se regskoste 

Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, het skriftelik bevestig dat die voormalige polisiebaas, Jackie Selebi, se regskoste, tot op datum, die belastingbetaler R2,3 miljoen uit die sak gejaag het. Behalwe vir dié koste ontvang Selebi steeds 'n salaris van R1 miljoen per jaar al is hy, weens klagtes wat met dwelmsmokkelary verband hou, van sy pligte onthef. 

Mthethwa het skriftelik op 'n vraag van Pieter Groenewald (LP) van die VF Plus geantwoord. Groenewald het verlede jaar al in 'n brief aan die voormalige minister, Charles Nqakula, gevra of belastinggeld gebruik gaan word vir Selebi se regskoste. Nqakula het toe bevestig dat die staat Selebi se eerste aansoek se koste gaan dra, maar kon toe nie 'n bedrag gee nie. In dieselfde skrywe het Nqakula gesê Selebi het vir sy komende strafsaak aansoek gedoen vir regsverteenwoordiging op staatskoste, en dat dit deur die kantoor van die Staatsprokureur oorweeg word.

"Nou weet ons dat die kantoor van die Staatsprokureur wel besluit het dat belastingbetalers moet opdok vir Selebi se regskoste. Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat belastinggeld gebruik word om Selebi se regskoste te dra. Selebi het in sy persoonlike hoedanigheid om sy persoonlike eer te red, destyds 'n hofaansoek gebring. Die aansoek was nie in belang van die Polisiediens of Suid-Afrika nie. Belastinggeld kan ook nie vir Selebi se strafsaak gebruik word nie. Die klagtes is nie voortspruitend in die uitvoering van sy pligte nie en daarom moet Selebi self opdok vir sy regskoste," sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Veiligheid en Sekuriteit vir die VF Plus.

"Nqakula het gesê dat Selebi se koste gedra word deur belastingbetalers ingevolge artikel 3 van die Wet op die Staatsprokureur. Die artikel maak slegs voorsiening vir gevalle waar optrede in openbare belang is of waar die staat 'n belang daarin het. In Selebi se geval was nie een van hierdie aspekte ter sprake nie. Noudat 'n bedrag bekend is, sal 'n klagte ingedien word by die Openbare Beskermer om te bepaal of belastinggeld nie wanaangewend word nie," het Groenewald gesê.

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep