Raar maar waar
“Wit jong mense vind steeds baat by apartheid. Hulle het 'n voorsprong in die lewe – hulle erf hul ouers se plase en sakeondernemings. Dit moet end kry.”
Só redeneer Buti Manamela, die nasionale sekretaris van die Jong Kommuniste-liga (JKL) in sy betoog hoekom regstellende aksie steeds moet voortduur.
"Die vordering wat met die Hartbeespoortdam-projek gemaak is, is merkwaardig. Daar moet ingedagte gehou word dat die uitdagings wat die dam teister histories van aard is. Dit kom al vir die afgelope 80 jaar voor."
Dit is die verskoning van Nobu Ngele, waarnemende direkteur van die departement van waterwese, op berigte dat die minister dagvaardigings van omgewingsgroepe in die gesig staar oor die ontsettende besoedeling wat die Hartbeespoortdam besmet het.
“Die raad van die Bojanala-distriksmunisipaliteit het reeds in November verlede jaar besluit om vir raadslede en die algemene gemeenskap wat verteenwoordig word deur spanne wat aan die Wêreldbekertoernooi deelneem, sokkerkaartjies te koop.”
Dit is die verduideliking wat mnr. Kearabetswe, 'n woordvoerder van die munisipaliteit in Rustenburg, gegee het vir die R457 000 wat die raad bestee het aan sokkerkaartjies.
(lees ook Oom Koos se rubriek in dié uitgawe oor munisipaliteite se besteding aan sokkerkaartjies)
“Ons sal al die krag van die vernietigende polisiemag loslaat op hulle wat 'n vuurwapen op 'n lid van die polisie of gewapende magte rig. Bly uit Gauteng as jy beplan om 'n vuurwapen op 'n polisiebeampte te rig.”
Dit is die waarskuwing van kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, nadat die polisie 'n rooftog by 'n juwelierswinkel in die Vaaldriehoek gefnuik het. Twee rowers is dood geskiet, vier gewond.
“Ek sal 'n verslag aan die nasionale komitee voorlê oor besteding vir die kongres. Wat ek ook al gedoen het, het ek namens die nasionale komitee en Cope gedoen.”
Met die woorde het mnr. Shilowa, adjunkleier van Cope, uit die moeilikheid probeer kom. Hy het uitgawes van meer as R1,2 miljoen aangegaan om afgevaardigdes te huisves wat in 'n die party se nasionale kongres in Centurion bygewoon het. Maar hy was nie by magte om dit te doen nie, sê die party se werkkomitee nou.
| e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit het jy al vir ons nuusbrief ingeteken? |
terug na joupolitiek volgende artikel vorige artikel |
