druk hierdie bladsy uit

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 

   Pretoria en Tshwane

joupolitiek
hoofinhoud
terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel

 

Behou Pretoria-naam, sę die ANC se sekretaris-generaal nou


Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het verlede maand tydens 'n vergadering, met 'n groep Afrikaanssprekendes in Centurion, gesę dat die name Pretoria en Tshwane langs mekaar kan bly voortbestaan.
Dié uitspraak kom in 'n tyd waarin die Tshwane-metroraad van mening is dat Pretoria slegs uit 'n paar straatblokke in die middestad bestaan.


Is dit nou Pretoria of Tshwane?

Volgens 'n ANC-verklaring vorm dié vergadering deel van die ANC se “uitreikaksie na minderhede” en “is 'n bewys daarvan dat hy alle groepe by landsake betrek”.
Mantashe het gesę dat die stadsnaam, Pretoria, behoue moet bly, terwyl daar na die munisipaliteit as “Tshwane” verwys kan word, omdat sy grense wyer as die stad s'n is. 
Die VF Plus het dit verwelkom, maar gewaarsku dat die ANC daarvoor bekend is dat hulle impulsiewe beloftes maak sonder om praktiese uitvoering daaraan te gee.
Volgens Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het Mantashe se uitsprake geen substansie sonder dat dit beslag vind in amptelike regeringsbesluite nie.
“Ons sal dit glo wanneer die minister van kuns en kultuur, dr. Pallo Jordan, die Tshwane-metroraad se versoek dat Pretoria se naam na Tshwane moet verander, amptelik afkeur. Of wanneer die metroraad die versoek terugtrek. Die res is leë verkiesingspraatjies,” het Beyers gesę.

Die VF Plus het gesę dat die ANC-beheerde Tshwane-metroraad gehoor moet gee aan Mantashe en die versoek vir die naamsverandering moet terugtrek.
Die VF Plus het weer benadruk dat die verskansing van die naam Pretoria 'n sleutelvereiste is voordat die party aan regerende koalisies in die Tshwane-metroraad of die Gautengse wetgewer sal deelneem. 

Volgens Beyers moet die naam Pretoria, as die naam van die hoofstad, in ere herstel word op SAUK-nuusbulletins, in amptelike dokumente van die Tshwane-metroraad asook in die bemarking van die 2010 Sokker Węreldbeker.
Die VF Plus het gesę dat die party se hofsaak oor die behoud van Pretoria se naam sal voortgaan totdat die ANC die naamsverandering op alle amptelike vlakke laat vaar.

Die burgerregte-inisiatief, AfriForum, het Mantashe se uitspraak ook verwelkom.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Mantashe se uitspraak ter behoud van Pretoria 'n bewys van die krag wat die burgerlike samelewing en burgerlike organisasies soos AfriForum kan uitoefen indien hulle hul stem duidelik laat hoor. Kriel het daarop gewys dat AfriForum sedert Maart 2005, toe die Tshwane-metroraad eensydig besluit het dat hulle Pretoria se naam wil verander, 'n omvattende protesveldtog geloods het wat hofaksies, gesprekke, petisies en vreedsame betogings insluit.
“Die feit dat sowat 20 000 mense onlangs by Pretoria se 153ste verjaarsdagviering wat deur AfriForum gereël is, opgedaag het, het 'n duidelike boodskap aan die ANC gestuur dat die publiek nie geneë is met die pogings om Pretoria se naam te verander nie.”

Kriel het die hoop uitgespreek dat die Tshwane-metroraad in die lig van Mantashe se uitspraak, hulle ondeurdagte pogings sal laat vaar om Pretoria se naam te verander.

Volgens Kriel is AfriForum deeglik bewus van die feit dat politici in verkiesingstyd graag gunstige uitsprake maak en daarom gaan AfriForum die situasie rakende Pretoria se naam fyn monitor om te verseker dat die ANC hom na die verkiesing by Mantashe se uitsprake sal hou.

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?

terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousę ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwęreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwęreld Facebook-groep