|
Volgens Jansen
van Rensburg was die Potchefstroomkampus die
eerste, en tot dusver die enigste, kampus wat
akkommoderend is teenoor ander taalgroepe sonder
om Afrikaans te na te kom.
"Die Mafikeng- en Vanderbijlpark-kampusse van
die NWU is feitlik 100% swart. Tog word daar nie
op hierdie kampusse se "verteenwoordigendheid"
gefokus nie. Afrikaanse jongmense is nie welkom
op kampusse soos die Tshwane Universiteit vir
Tegnologie en Sentraal Universiteit vir
Tegnologie, of by ander tradisionele swart
kampusse nie. Tog word dit as aanvaarbaar
beskou," sę Jansen van Rensburg.
Hy het die taakspan se uitlatings, as 'n poging
om die fokus van die minister van onderwys se
swak bestuurstyl te verdoesel, beskryf - veral
nou tydens die chaos van die matriekuitslae.
"Die "pik op die Afrikaner"-strategie van die
ANC-regering polariseer gemeenskappe in Suid
Afrika, beledig die Afrikaanse gemeenskap en
werk versoening teen. Die Afrikaanse gemeenskap
kan nie toelaat of bekostig dat nog 'n Afrikaanse
kampus onder die druk van die regering val nie.
Daar is tans 'n reuse afname in die aantal
Afrikaanse studente wat na skool gaan studeer –
bykans 36% tussen 1994 en 2004. Een van die
redes is die transformasie-agenda wat Afrikaanse
jong mense van hoër onderwys vervreem.
“Die transformasie- en integrasie-agenda van die
staat beoog nie om 'n plek vir elke jongmens in
die land te vestig nie, maar word gedryf deur
duistere politieke motiewe. Transformasie van
kampusse is bloot 'n verskoning om 'n kulturele
oorname en assimilasie van die land se
akademiese instellings te bewerkstellig en
minderhede soos die Afrikaner van
studiegeleenthede te weerhou," het Jansen van
Rensburg bygevoeg.
AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Ernst
Roets, se mening is dat
die
ministeriële verslag wat die
Potchefstroom-kampus aanval, net 'n poging is om
Afrikaans as slaansak te gebruik ten einde die
minister se verlore politieke steun in dié
provinsie terug te kry.
“Dit vorm deel van die departement van onderwys
se breër strategie om Afrikaans as
onderrigmedium te marginaliseer en hierdie stap
word veral geneem in die lig van die feit dat
die minister, om politieke redes, ongewild in
hierdie provinsie is.”
Volgens Roets is dit kommerwekkend dat die
minister soveel tyd en energie spandeer om
tersięre instansies wat hulle grondwetlike
pligte tot moedertaalonderrig wil nakom te
straf, terwyl ander universiteite, wat 'n
eksklusief-Engelse beleid ten koste van hul
diverse studentegemeenskappe navolg, geprys
word.
“Dit is dus 'n doelbewuste ontkenning van
studente se regte.”
Roets het uitgebrei deur die verslag te
bevraagteken in die lig van die feit dat die
taakspan aangestel is om terug te rapporteer oor
die situasie op die Mafikengkampus, maar nou die
geleentheid gebruik om die Potchefstroomkampus
aan te val.
Roets het verduidelik dat die verbeteringsproses
by Mafikeng gyselaar gehou word deur 'n klein
groepie aktiviste wat nie wil transformeer na 'n
“Afrika-universiteit van uitnemendheid” (African
university of excellence) nie, maar vasklou
aan 'n uitgediende kultuur van middelmatigheid.
“Daardeur word duisende studente in armoede
gyselaar gehou, aangesien 'n goeie kwalifikasie
die beste kans is om uit armoede te ontsnap,”
het Roets bygevoeg.
“'n Studiekultuur is die antwoord. 'n Mens kan
jou nie suksesvol ‘struggle’ nie.”
Die Takvoorsitter van AfriForum Jeug-Puk in
Potchefstroom, Tanya Kruger, het gesę dat die
verslag feitefoute bevat en dat die bevindinge
op onvolledige en onakkurate feite gegrond is.
Sy het uitgewys hoe die taakspan byvoorbeeld sę
dat die NWU se taalbeleid dit vir swart studente
“moeilik” maak, maar nalaat om te beklemtoon dat
die NWU 'n effektiewe tolksisteem het en dat
dienste en studiegidse deurgaans in drie van die
amptelike landstale beskikbaar is.
Kruger het ook gesę dat hulle die bevindinge van
die taakgroep bevraagteken, aangesien die
studente nie bewus was van die feit dat daar 'n
taakgroep op die kampus was nie en dat hul
gevolgtrekkings, wat gegrond is op gesprekke wat
na bewering in twee dae met 390 studente gevoer
is, dus die uitsluitlike mening van 'n klein
groepie aanhitsers bevat. |