|
Die minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, kan nie sê hoeveel misdade is gepleeg deur eienaars van wettige vuurwapens, of deur persone met gesteelde of onwettige vuurwapens nie. Dit blyk uit 'n amptelike antwoord van die minister aan mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement.
(Sien die oorspronklike vraag en antwoord hieronder)
Groenewald het dié vraag gevra nadat Mthethwa in Oktober verlede jaar gesê het die buitensporige misdaad in Suid-Afrika is deels te wyte aan die hoë getal vuurwapens onder burgerlikes, veral wettige vuurwapeneienaars. Ook pres. Jacob Zuma het dieselfde maand by Tzaneen in Limpopo gesê dat te veel vuurwapens in die hande van burgerlikes is.
“Ek het destyds gesê daar is geen bewyse vir die stellings van die president en die minister nie, en dat ek vrae by die parlement hieroor gaan indien,” verduidelik Groenewald. “My stelling is nou korrek bewys en dit is duidelik dat die minister die president inderdaad wan-inlig. Dit bewys ook dat die minister 'n vendetta teen wettige vuurwapeneienaars voer en hulle vals beskuldig asof hulle die groot oorsaak is vir die buitensporige misdaad in Suid-Afrika. Die minister se erkenning dat hy nie weet nie, bewys dat hy sy gewraakte stellings teen wettige vuurwapeneienaars baseer op duimsuig en is hy wettige vuurwapeneienaars 'n verskoning verskuldig.”
Groenewald voel die feit dat daar in die polisiediens in minder as drie jaar 7 374 vuurwapens verlore geraak of gesteel is, is eerder die groot oorsaak vir die buitensporige misdaad in Suid-Afrika.
“Misdadigers gebruik nie wettige vuurwapens vir rooftogte nie,” sê hy. “Die minister moet eerder fokus op bestuur en beheer van sy department se vuurwapens en nie wettige vuurwapeneienaars gebruik as die rookskerm nie.”
Die oorspronklike vraag deur die VF Plus se Pieter Groenewald aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en die minister se antwoord:
Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Police:
(1) How many crimes were committed (a) in (i) 2007 and (ii) 2008 and (b) during the period 1 January 2009 up to the latest specified date for which information is available (aa) by owners of licensed firearms, (bb) with stolen licensed firearms and (cc) with illegal firearms;
(2) whether he will make a statement on the matter?
NW2614E
REPLY OF MINISTER:
The detailed information requested can only be obtained by submitting an ad hoc request to the Information and Systems Management component of the South African Police Service to obtain the Crime Administration System (CAS) numbers of the individual crimes under discussion. This entails a lengthy process, as priority is always given to information requests from operational divisions which need information to plan their day-to-day activities. Once the above information is received from the Information Systems Management component, correspondence will have to be directed to all police stations involved country-wide in an effort to determine the status of each such case, thereby placing and extra burden on limited human and financial resources. Members will in such a case have to be withdrawn from other duties to be specially allocated to peruse dockets and registers.
Even if returns are received from the provinces after such an exercise, the information can not be verified without physical inspection at all the affected stations.
Reply to question 1987 approved by Minister.
|