November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 

   Grondhervorming - nie oplossing vir armoede

joupolitiek
hoofinhoud
terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel

Die Zuma-ANC-leiers sal hulself 'n guns bewys indien hulle uit die foute van president Mbeki leer dat die hoeveelheid grond in swart besit nie die verskil gemaak het aan landelike armoede nie.

"Die nuwe ANC-leierskap is besig om dieselfde beleidsfout oor grondhervorming te maak as wat voormalige president Mbeki se kabinet gemaak het. Die aankoop van meer landbougrond om aan swart gemeenskappe te gee is nie die antwoord vir armoede in landelike gebiede nie. Die regering moet eerder ná die oordrag van grond meer bystand aan gemeenskappe verleen en die proses waardeur grond aan swart gemeenskappe gegee word verbeter," sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het gereageer op die kommentaar van mnr. Jacob Zuma by NUMSA se jaarvergadering verlede maand waartydens hy gesê het dat grondhervorming vinniger moet geskied waardeur meer grond vir swart mense gegee moet word.

"Dit is algemeen bekend, asook deur die Minister van Landbou en Grondsake, me. Lulu Xingwana erken, dat daar probleme is met die administratiewe proses vir die oordrag van grond aan swart gemeenskappe en individue. Die nuwe ANC-leierskorps moet daarom eerder aan die administratiewe bottelnekke wat tans bestaan aandag gee, om grond wat boere vrywillig verkoop het aan die staat, aan arm gemeenskappe oor te dra. Daarbenewens misluk die regering steeds daarin om hulp te verleen aan landelike swart gemeenskappe en opkomende boere wat reeds grond van die regering ontvang het. Slegs 30% van alle grond wat sedert 1994 oorgedra is in terme van grondhervorming, word tans produktief aangewend, terwyl die res van die grond wat oorgedra is braak lê," meen dr. Mulder.

"Die Zuma-ANC-leiers sal hulself 'n guns bewys indien hulle uit die foute van president Mbeki leer dat die hoeveelheid grond in swart besit nie die verskil gemaak het aan landelike armoede nie. Die regering moet beter opleiding aan gemeenskappe verskaf en met georganiseerde landbou-organisasies vennootskappe sluit. Sulke vennootskappe tussen die nuwe ANC-leierskap en georganiseerde landbou sal vinniger verligting bring aan landelike armoede as wat meer grond enige bydrae sal kan lewer," het dr. Mulder bygevoeg.

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joupolitiek
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember