|
Die hofaansoek van die VF Plus, AfriForum en die
FAK teen die Tshwane Metroraad se planne om 27
straatname in Pretoria te verander, sal
waarskynlik volgende jaar in die Hooggeregshof
aangehoor word. Dit volg nadat die stadsraad pas
kennis gegee het dat hy die hofaansoek gaan
opponeer. Die hofaansoek is gebring nadat die
stadsraad op 11 September vanjaar aangekondig
het dat hy beplan om sy besluit van 27 September
verlede jaar te implementeer.
Die VF Plus, AfriForum en die FAK se aansoek
teen die beoogde veranderings, berus op die feit
dat drie stelle wetgewing deur die stadsraad
geďgnoreer is toe die besluit verlede jaar
geneem is.
Mnr. Willie Spies, VF Plus-LP en voorsitter in
die Groter Pretoria-streek sę die Tshwane
Metroraad oortree drie wette in hul poging om
die name te verander. Dit is die munisipale
stelselswet, munisipale finansiële bestuurswet
en die nasionale erfenis hulpbronwet.
Verder het die stadsraad ook afgewyk van sy eie
beleid oor straatnaamveranderinge toe die
besluit deur-gestoomroller is. In sy hofstukke
gee die applikante die stadsraad 10 dae tyd om
redes te voorsien vir sy besluit van 27
September verlede jaar. Die stadsraad het nog
nie hierdie redes voorsien nie, waarna die
verskillende applikante hul advokate genader het
oor moontlike aksie in die verband.
Willie Spies, wat ook as prokureur in die
aansoek optree, sę die saak is nou sub judice
wat beteken dat die stadsraad in terme van sy
eie reëls geen verdere besluite oor die
straatname mag neem alvorens die hofaansoek
afgehandel is nie.
"Die VF Plus is bewus van die feit dat die
Speaker, mnr. Korombi Dau, by die raad se laaste
vergadering in Oktober 'n bespreking van die
straatnaamkwessie toegelaat het strydig met die
raad se eie reëls. Indien Dau dit weer sou
beplan, sal die VF Plus 'n dringende aansoek
teen die raad bring om hom te keer."
|