|
|
|

April
2009
Jaargang 1 Uitgawe
9 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
Jou
spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand
spesiale geskenke weggee!
|
|
Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners
TUINMAAK: BLOMBOLLE
5
lesers kan 'n geskenkpak van Hadeco, bestaande
uit bolle vir jou wintertuin, ter waarde van
R500 elk wen.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die
woorde JW HADECO,
tesame met jou naam en e-posadres,
aan 36545.
Net omdat die winter oppad is, beteken dit nie
dat jou tuin in 'n koue, droewe dorsland moet
verander nie. Met net 'n bietjie beplanning kan
jy 'n blomparadys aanlê om jou omgewing op te
kikker. En as jy van 'n kleurvolle tuin hou, is
die wonderlike wêreld van blombolle net die
antwoord vir jou. Om jou winter met kleur te
verwarm, plant ryk rooi, organiese oranje,
prettige pienk en giggelgeel in jou beddings en
patiopotte. Hierdie warm kleure sal jou die
illusie gee dat jou tuin hittegolwe uitstraal.
Lees meer
oor hoe om jou vaal wintertuin in 'n lushof te
omskep
Die sluitingsdatum vir dié kompetisie is
Donderdag, 30 April 2009.
SMS’e kos R5.00 elk.
Dié prys word deur Hadeco geborg. |
|
|
CD:
ROOTS OF YOUTH
3
lesers kan elk 'n CD van
ROOTS OF YOUTH (R-O-Y) wen.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die
woorde JW YOUTH,
tesame met jou naam en e-posadres,
aan 35570.
ROOTS OF YOUTH (R-O-Y) se debuutalbum, Youth
Confessions, is een van die grootste
verrassings wat die musiekindustrie in 'n lang
tyd opgelewer het. Met 'n unieke mengsel van die
punk rock en pop rock genres, het ROOTS OF YOUTH
(R-O-Y) hulle sommer met die intrapslag stewig
gevestig as 'n band met 'n sterk, eie identiteit.
Sterk in hulle visie en wat hulle wou bereik,
het die groep stapsgewys daaraan gewerk om hulle
vaardigheid te slyp. In 2004 het die band die
Junior World Championships vir Performing Arts
gewen, en in dieselfde jaar die prys ontvang as
“The Best Band” in die National Yamaha Talent
Search. Hulle debuutalbum, Youth Confessions,
is saamgestel uit 13 snitte, en elkeen daarvan
is 'n briljante, oorspronklike song.
Lees meer
oor ROOTS OF YOUTH (R-O-Y)
Die sluitingsdatum vir dié kompetisie is
Donderdag, 30 April 2009.
SMS’e kos R3.00 elk.
Dié prys word deur Lydia Winchester, ROOTS OF
YOUTH se agent, geborg. |
|
|
Kompetisiereëls
|
|
●Sluitingsdatums
vir dié maand se weggee-pryse, asook die
SMS-koste, word by die onderskeie
kompetisies aangedui,
●Wenners
van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal
volgende maand in jouwêreld
aangekondig word, wat vanaf 1 Mei 2009
beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Mei 2009 hul
posadres stuur aan
webmeester@jouwereld.co.za om hul
pryse op te eis. As ons nie jou adres
het nie, kan ons nie jou geskenk stuur
nie, wat beteken jy gaan dit verbeur.
Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer
of jy 'n wenner is.
●Slegs
"Ingetekende Lesers" kan vir die
weggee-pryse in aanmerking kom. As jy
nog nie as jouwêreld-leser
ingeteken het nie, doen dit
hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld
-FaceBook groep aangesluit het, staan 'n
dubbele kans om maandeliks as wenner
gekies te word. Besoek dié groep
hier.
●Daar
is geen beperking op die aantal SMS'e
wat per leser gestuur word nie. Hoe meer
jy egter deelneem, hoe groter is die
kans dat die rekenaar jou as wenner gaan
kies.
●Die
rekenaar-trekking van wenners is finaal,
en pryse kan nie vir kontant omgeruil
word nie.
●Pryse
word deur die onderskeie borge, soos
aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
●
jouwêreld
se enigste betrokkenheid by dié
kompetisies is uitsluitlik en slegs om
die spesifieke produk aan lesers bekend
te stel, en om die kompetisie aan te
bied en te fasiliteer. jouwêreld
is nie verantwoordelik vir die
verskaffing en versending van die pryse
nie. Indien jy nie jou prys binne twee
maande na die sluitingsdatum ontvang het
nie, stuur 'n e-pos aan
redaksie@jouwereld.co.za sodat ons
dit namens jou met die borge kan opvolg |
jougeskenke
- Maartwenners
Die wenners van verlede maand (Maart
2009) se kompetisies is:
(Onthou om jou posadres binne 10 dae te
stuur aan
webmeester@jouwereld.co.za sodat ons
kan reël dat jou geskenk gepos word.) |
|
|
|
|
|
Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!
[ jouapplous ] [ joufiksie ] [ jouhoofstories ] [ joutuisblad ] [ jougeskenke ] [ joukontrei ] [ jouleefstyl ] [ joumenswees ] [ joupolitiek ] [ jourubrieke ] [ jouse ] |
|
|
|
|
|
Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier! |
|
|
|