joumening




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend


kry jou
eie GRATIS
NUUSBRIEF

jou naam:
e-posadres:

Dié Springbokbesluit is onkant

Los die Springbok-embleem uit, sê ds. Theunis Botha na die onthulling dat die Springbok-embleem onder regeringsdruk volgende jaar tydens die rugby-wêreldbeker op die mou sal pryk.

Die regering moet die Springbok-embleem uitlos en nie daarop aandring dat die Springbok-embleem volgende jaar tydens die rugby-wêreldbeker op die mou sal pryk nie. Dit kom daarop neer dat die Afrikaner se vyande in die mou lag.
Bykans alle groot sportsoorte se beheerliggame, soos Fifa en die IOK, verbied rassisme en politieke inmenging in sport. Fifa het al lande soos Iran, Griekeland en Kenia weens politieke inmenging uitgeskop, en Brasilië en reeds twee keer vir Nigerië voor 'n keuse van kopgee of skorsing gestel.
Kom dit by Suid-Afrika lyk dit of rassisme – in die vorm van ras-transformasie en selfs kwotas – en die regering vrye teuels het, en dit boonop veral danksy die verbale vermoëns van Buthana Komphela, aan die baie groot klok gehang word. Tog lyk dit of die Internasionale Rugbyraad nie bereid is om voet neer te sit nie. Tot 'n borg kom maak sy politieke rug styf as dit by rugby kom. Is dit omdat die Afrikaner se verweefdheid met rugby nog te sterk is?
Dit is nou tyd dat die IRR sy rug styf maak, sy paternalistiese houding oor die Suid-Afrikaanse regering laat vaar, en sorg dat die sport vry van politieke inmenging bedryf word. Nou speel die IRR self liederlik onkant.
As die regering by sport betrokke moet wees, laat dit wees by die daarstelling van behoorlike geriewe veral in agtergeblewe gebiede, en ingryping beperk tot daar waar sy ontplooide kaders sekere sportsoorte in die grond in bestuur.

* Ds. Theunis Botha is die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP)

Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | joumening 
| joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?