joumening




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend


kry jou
eie GRATIS
NUUSBRIEF

jou naam:
e-posadres:

Bose kringloop van diefstal

Koop jy gesteelde goedere op die straathoek? Wel, die deler is net so sleg soos die steler, dink Susan du Toit.

In ons pragtige land is misdaad deel van ons lewe. Ons sluit ons motors en betaal iemand om dit op te pas. Ons neem versekering uit. En elke keer as jy by 'n inkopiesentrum of selfs uit die kerk kom slaak jy 'n sug van verligting as jou motor nog op dieselfde plek staan, met ongebreekte vensters.
Dit het my aan die dink gesit: As die tweedehandse goedere op die straathoek nie kopers het nie, sal die stelers minder steel. Ek meen, as jy nou gesteel het en daar is niemand waaraan jy jou gesteelde ware kan verkoop nie, gaan dit jou tog sekerlik ontmoedig om iemand van sy dure goedere te beroof.

Ons het verlede maand 'n diefstal uit ons kar in ons erf gehad. 'n Laptop – ja, ja, dis stupid om jou laptop en GPS in jou kar weggesteek te los. Maar dis óns kar, toegesluit, agter óns geslote hekke. In elk geval, 'n week na die voorval kom ons tuinman by ons aan en vertel die dame wat om die hoek werk sê sy het iets van ons kar opgetel. Ek en my man kan toe net dink dat dit dalk die boek van die motor kan wees. Toe hy egter daar kom is dit ons GPS. Sy het hom aangesit, ons adres gekry, en toe Salomo die tuinman by ons huis ingaan besef dis ons motor se ding. Dit is te wonderlik; hulle het seker nie die waarde besef van dit wat hulle gesteel het nie, of in hulle haas om weg te kom het dit in die bure se tuin geval. Nodeloos om te sê ons was baie bly om iets terug te kry.
Nou is my vraag: Wie het die laptop by die dief gekoop? Jy het verkeerd opgetree! Wat het jy betaal? Kan ons net asseblief die inligting daarop terugkry?
My punt is dit: As daar nie 'n koper is nie sal die laptop nutteloos vir die steler wees en dalk sal hy ons uitlos! Want op die oomblik voel ek soos 'n sitting duck!

* Susan du Toit is 'n jouwêreld-leser van Potchefstroom

Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | joumening 
| joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?