joumenswees

 Rozanne Myburgh
deur Rozanne Myburgh




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

kry jou
eie GRATIS
NUUSBRIEF

jou naam:
e-posadres:

Voel goed vir jouself

Sunette Bridges is op 40-jarige ouderdom steeds supersexy, stralend en gelukkig. Sy vertel hoe sy dit regkry en deel haar boererate en gesondheid- en leefstylwenke.

Sy is lenig, sexy, stralend en gelukkig: Dit is moeilik om te glo dat Sunette Bridges reeds aan die verkeerde kant van 40, en boonop die ma van twee kinders is.
As jy 'n paar basiese lewenstylbeginsels volg, is dit eintlik maklik en vir almal beskore, verduidelik sy.
“Ek het deur die jare by my ma, my vriendinne en FaceBook-vriende kers gaan opsteek, waaruit ek my eie 10 punt-lysie saamgestel het,” sê sy. “Dit is die maklike gedeelte: maar meer belangrik is om elke dag daarby te bly.”
En sy is glad nie suinig met haar inligting nie: Hier is Sunette se 10 beproefde lewenstylwenke:

1. Ma se lessie
“Ons ken almal die geheime wat ons by ons ma’s geleer het oor hoe om gesond te leef, mooi te lyk en goed te voel en hulle is vandag nog net so relevant en belangrik soos altyd,” sê Sunette.
Slaap genoeg, drink jou twee liter water 'n dag en die goue reël: moenie in die son gaan sonder sonbeskerming nie.

2. Voel goed oor jóú
Vir Sunette is die grootste geheim van goed lyk en voel om okay met jouself te wees. Vir haar is daar niks wat 'n vrou so mooi maak en so goed laat lyk as wanneer sy van binne straal nie. Geen oefenprogram, dieet of duur room kan vir jou doen wat innerlike vrede kan nie.
“Dis nie net belangrik vir goed lyk nie, maar absoluut noodsaaklik vir goed voel!” glo Sunette. “Spandeer tyd met jóú.”

3. Stres is 'n pes
Sunette glo spanning is die moeder van alle euwels en kan enigiets veroorsaak: van plooie tot hartversaking.
Haar raad is om nie probleme op te krop nie.
“Praat oor die dinge in jou hart en in jou kop met iemand wat jy kan vertrou en wat jou van goeie, opbouende raad sal voorsien,” las sy by.

4. Ek-tyd
Sunette bederf haarself graag met 'n lekker koppie kruietee en 'n nuwe tydskrif en dan lees sy dit in 'n spesiale hoekie in haar huis. Sy glo ook daaraan om 'n ent te gaan stap elke dag.
“So kry jy sommer daai 20 minute se oefening ook agter die blad,” verduidelik sy.

5. 'n Geheime wapen
Vitamien C en groentee is Sunette se geheime wapens teen alles en nog wat.
“Dit hou die kieme weg en sit sommer 'n wip in jou stap,” las sy by.

6. Skrop, skrop, skrop
Sunette glo daaraan om sommer twee keer 'n dag 'n lekker bad, met vloeibare lyfseep, te vat.
“Groot seblief nie 'n koekie seep nie,” skerm sy, “en smeer mildelik room aan jou lyf.”
Nog 'n wenk is om 'n lekker groot skoenborsel te koop om jou dye mee te skrop.
“Vryf 'n vogroom aan met Vitamien E en voilà!” sê Sunette. “Geen duur moeties vir selluliet is nodig as jy dié boereraat volg nie!”

7. Meisies, die make-up
'n Mens moet nooit met grimering aan jou gesig gaan slaap nie. En as jy 'n huisdag het, moet eerder nie grimering aansit nie, veral nie maskara nie: “Dit is juis die afhaal van ooggrimering wat bydra tot daai plooitjies om die oë,” verduidelik Sunette.

8. Wat wyse vriende sê
Sunette het voelers uitgesteek en volgens haar FaceBook-vriendinne is die beste moeties: Cayenne peper, kaneel, Timjan, aalwynsap en suurlemoen.
“O ja,” las sy by, “en as jy jou dag kan begin met 'n groot glas warm water met so katspoegie Engelse sout en suurlemoensap, dan begin jy hom reg!”

9. Hou matigheid voor oë
Eet gesond,” glo Sunette. “Soveel rou vrugte en groente as wat jy kan.” Die belangrikste, volgens haar, is om alles in matigheid te doen: Van oefen tot eet, van daai glasie wyn natuurlik tot die stukkie sjokolade . . .

10. Detoks-doepa
Probeer om vir 5 dae elke maand te detoks.
“Só raak jy ontslae van daai ongewenste kilo of 2, nog vóór dit 10 kilo’s word,” sê Sunette, “en sommer van al die sondes wat jy die res van die maand gepleeg het.”

Volgende maand deel Sunette Bridges haar gunsteling ontgiftingsdieet waarmee jy binne sewe dae 5-8 kg kan verloor en boonop gesonder voel.

Is jy 'n ingetekende jouwêreld-leser? Indien nie, teken sommer nou dadelik hier in om seker te maak jy mis nie Sunette se dieet nie!

Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jourubrieke | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?