Brand die vet weg

Die sangeres Sunette Bridges glo vas in die Fat burning diet wat deur die Sacred Memorial-hospitaal aan veral hartpasiënte voorgeskryf word. Nie net kan jy daarmee vinnig 'n paar oortollige kilogramme afskud nie, maar dit laat jou ook gesonder voel, vertel sy.
Die dieetprogram bestaan uit 'n lekker sop as basiese voedingsbron, wat dan daagliks met ander kossoorte aangevul word. En onthou: brood, alkohol en gaskoeldranke is natuurlik taboe!
Jy kan met die dieet aanhou solank jy wil. Dit is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaam op 'n gesonde wyse te ontgif. Dit is belangrik om die dieet 24 uur voor jy alkohol gaan inneem te stop. Jy is welkom om die biefstuk vir vis of hoender te verruil, sou jy dit so verkies.
En onthou: Hoe meer sop jy eet, hoe meer gewig verloor jy!
Die basiese sopresep
900 g tamaties
1 bossie seldery
6 groot uie
2 blikkies groenbone
2 blokkies vleisaftreksel
1.5 kg wortels
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 groen soetrissie
Geur met sout, peper en pietersielie
Sny die groente in klein blokkies. Voeg die vleisaftreksel, pakkie sop en ongeveer 3 liter water by. Kook vinnig op 'n hoë hitte vir ongeveer 10 minute. Verlaag dan die hitte sodat die sop prut totdat die groente sag is.
Eet die sop wanneer jy honger voel. Jy kan soveel eet as wat jy wil, want hoe meer jy eet, hoe meer gewig verloor jy. Drink onversoete tee en koffie en gebruik net vetvrye melk.
Die program
Dag 1
Eet slegs sop en enige vrugte, behalwe piesangs.
Dag 2
Eet slegs sop en groente – geen vrugte. Eet soveel as jy wil, maar geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself met 'n gebakte aartappel en 'n bietjie botter vir aandete.
Dag 3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil. Moenie aartappels eet nie.
(Teen hierdie tyd moes jy al tussen 2 - 3 kg verloor het – mits jy nie gekroek het nie!)
Dag 4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet minstens 6 piesangs want dit gaan die cravings help beveg.
Dag 5
Eet sop, biefstuk en tamaties. Jy kan 'n 500 gram biefstuk en 4 - 6 tamaties eet.
Dag 6
Eet sop, groente en biefstuk. Eet soveel as wat jy wil, maar geen gebakte aartappels nie.
Dag 7
Eet sop, bruinrys en groente. Eet soveel as wat jy wil. Jy mag nou ook onversoete vrugtesap drink.
(Teen hierdie tyd moes jy al 5 - 8 kg verloor het.)
| e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit het jy al vir ons nuusbrief ingeteken? |
terug na joumenswees volgende artikel vorige artikel |
| joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?

