My pot se deksel

wen
'n Casio FX-82 ES Plus
wetenskaplike sakrekenaar
ter waarde van R185.

deur Annette Breetzke




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Die belangrikheid van 'n stewige grondslag vir jou kind se syfer- en leesvaardighede word dikwels onderskat – dan word die erns daarvan eers begryp wanneer die eerste krake reeds sigbaar is.

Kinders word van kleins af aan soveel moontlik ervarings blootgestel om hulle toe te rus om 'n volwaardige plek in die samelewing vol te staan. Hul verbeeldings word verder met tekenkryte, boublokkies en legkaarte gestimuleer. Dit klink wel nie belangrik nie, maar dit speel 'n nodige rol daarin om hul leerprosesse doeltreffend genoeg te maak sodat hulle op skool kan vorder en 'n sukses van hul lewe en loopbaan kan maak.

Stel jou voor: hoe skryf 'n kind wat nie enige kennis van die letters van die alfabet het nie? En wat is die begrip van optel en aftrek en somme as 'n kind nie die syfers van 1 tot 9 begryp nie?
Ongelukkig word baie van hierdie basiese beginsels in vandag se skole agterweë gelaat, en weer wys die krake eers veel later in werksverband, verkeerde loopbaankeuses of 'n baie swak selfbeeld.
Verbysterende feite toon dat kinders dikwels na 'n volgende graad aanbeweeg voor hulle die omvang van die vorige een bemeester het. Wanneer die agterstand deur lae punte en ongelukkigheid ontdek word is dit reeds te laat, en bitter moeilik om die agterstand in te haal.
Veral hoërskoolleerders moet op hul eie nuwe leerwerk baasraak terwyl die basiese konsepte nog nie eens bemeester is nie. Net omdat hulle in graad 8 of 9 is beteken hoegenaamd nie dat hulle hierdie werk begryp nie. Dis juis in hierdie grade waar die meeste krake begin wys!

Gelukkig is dit nooit te laat om iets hieraan te doen nie. Met die regte gesindheid kan enige vaardigheid aangeleer word. Die oplossing lê daarin om na die oorsaak van die probleem te soek eerder as iemand om daarvoor te verwyt. Daar is 'n rede waarom die gesegde: “voorkoming is beter as genesing” so gewild is.

Raak betrokke
* by jou kind se skool: Bied jou hulp aan met vaardighede waarin jy goed is, en raak betrokke by die verskillende ouerkomitees.
* by jou kind se geestelike groei: Kinders wat geestelik sterk is, kan struikelblokke makliker oorkom.
* by jou kind as mens: Weet jy wat is jou kind se drome en ideale, en wat is die terreine waarmee hy sukkel?
* by oplossings. Moenie die heeltyd kla nie, daar is maniere om dinge op die regte wyse op te los.
* deur 'n liefdevolle gesin te bou. Verseker jou kind van jou liefde deur liefdevolle aanmoediging en aanvaarding. Hy sal makliker in die lewe 'n sukses maak as een wat heeltyd hoor hy kan beter vaar.
* deur tyd af te staan. Bestee tyd aan jou kind se opvoeding. As daar sekere dinge is wat jy nie verstaan nie, vra iemand anders en vind uit waar jy kan hulp kry.

Sorg dat die grondslag van jou kind se opvoeding stewig is sodat hy die toekoms met selfvertroue kan tegemoetgaan. Dit sal hom 'n kraaklose tuiste laat bou wat vir baie nageslagte bewaar kan word.

Sukkel jou kind met syfer- en leesvaardighede?
Vir hulp, besoek die Rock Series-webwerf.

Vir meer inligting, kontak Annette Breetzke by 082 377 3816
of stuur 'n e-pos aan annette@rockseries.co.za.

jougeskenke
10 Gelukkige lesers kan elkeen 'n Casio FX-82 ES Plus wetenskaplike sakrekenaar, wat vir skoolkinders voorgeskryf word, ter waarde van R185 wen.

SMS die woorde JW CASIO, tesame met jou naam en e-posadres,
aan 36545 voor 31 Maart 2010.

Lees ook die kompetisiereëls.
Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na joumenswees
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend